Koop met gemoedsrus!

George Botha (links), eienaar van Klein Karoo Motors, saam met sy personeel, Johan Kruger (middel), administratiewe bestuurder, en Theo Delport, verkoopskonsultant.

George Botha (links), eienaar van Klein Karoo Motors, saam met sy personeel, Johan Kruger (middel), administratiewe bestuurder, en Theo Delport, verkoopskonsultant.

GEBRUIKTE voertuie en handel dryf is al van jongs af in George Botha, eienaar van Klein Karoo Motors in Hoogstraat, Oudtshoorn, se bloed. George, wat ook daarvan hou om motors te restoureer en op te knap, se eerste motortransaksies was toe hy nog in Pretoria op skool was en drie Morris Minors gekoop het. Hy het hulle toe herstel en vir ’n wins van die hand gesit. Voor dit het hy ook ou fietse gekoop, dit opgeknap en netjies gemaak en dan weer verkoop.

Vandag, meer as 40 jaar later, is George steeds suksesvol in die motorbedryf.

George was lank in Pretoria by die gebruiktemotorbedryf betrokke gewees voordat hy in 1998 Klein Karoo Motors, wat toe slegs ’n vulstasie was, gekoop en dit uitgebrei het om die verkoop van gebruikte motors in te sluit. Hy het in 2006 na Klein Karoo Motors se huidige perseel op die hoek van Hoogstraat en Langenhovenweg verhuis. Hy het toe ook saam met twee vennote die handelaarskap vir Hyundai verkry wat vanuit dieselfde perseel bedryf word.

George, wat maar langtand oor homself praat, se vrou, Nadia, skryf sy sukses daaraan toe dat hy met integriteit sake doen en dat hy goeie diens lewer en elke voertuig wat hy verkoop waarborg. Hy koop self motors aan om te verseker dat dit ongeluksvry is en ’n volledige ­diensrekord het.

Nadia, wat ook deeltyds by Klein Karoo Motors betrokke is, sê van George se ou kliënte in Pretoria het soveel vertroue in hom dat hulle nou nog gebruikte motors by hom koop.

“Ons het bv ’n kliënt wat aan ’n groot finansiële instelling verbonde is met takke landwyd. As hy ’n motor of drie vir een van die takke nodig het, bel hy George en sê wat hy nodig het. George stuur dan vir hom ’n faktuur. Hy het soveel vertroue in George dat hy betaal sonder om die motors te sien. George gaan lewer dan die motors af by die betrokke takke.”

Volgens Nadia het hulle ook ’n kliënt wat by die Wêreldbank betrokke is, wat al vanuit die buiteland ’n motor vir sy dogter, wat ’n student by Maties was, by George gekoop het.

George is al van 1999 lid van die IDA (Independant Dealers Association), wat die waghond-organisasie vir die gebruiktemotorbedryf is. Die IDA verskaf riglyne vir die handel in gebruikte voertuie wat daarop gemik is om onder meer kliënte te beskerm teen swak diens en uitbuiting. Dit help ook handelaars om op hoogte te bly van die jongste wetgewing rakende die bedryf. Om aan IDA te kan behoort, moet handelaars aan die bepaalde riglyne en wetgewing voldoen.

George is onlangs genooi om by die IDA Blue Chip-groep aan te sluit as gevolg van sy onbesproke reputasie en rekord in die bedryf.

George word bygestaan deur Johan Kruger, wat al 15 jaar lank aan Klein Karoo Motors verbonde is, en Theo Delport wat onlangs by die handelaarskap as verkoopskonsultant aangesluit het. Vir navrae kontak gerus een van hulle!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?