Kollig op vroue: Twintig jaar se lekker werk

Erika Fourie van die PNA op Oudtshoorn.

Erika Fourie van die PNA op Oudtshoorn.

ERIKA FOURIE van die PNA op Oudtshoorn het jare lank by Absa ge­werk totdat sy en haar man, Louis, 20 jaar gelede besluit het om uit Pretoria na die platteland te trek. Toe hulle die besigheid op 1 Augustus 1997 in die Queen’s Mall gekoop het, het hulle geen ondervinding van besigheid gehad nie. Hulle moes baie hard werk en alles van voor af leer. In hierdie 20 jaar is die PNA al drie maal ver­groot van 172 m² tot 400 m².

“Vir hierdie groei kan ons net ons Hemelse Vader dank vir die seën en genade wat Hy oor ons uitstort. Ons is ook geseënd met wonderlike personeel wat al jare hier werksaam is, asook die gemeenskap van Oudtshoorn wat ons oor die jare so getrou ondersteun het. Baie dankie vir elkeen se bydrae tot die sukses van ons besigheid.”

Die Fouries spog vandag met drie vooruitstrewende boek- en skryfbehoefte­winkels. Die PNA in Yorkstraat, George en PNA Eden ­Meander behoort ook aan hulle.

Hulle harde werk is beloon toe die PNA in 2003 en 2008 aan­gewys is as beste PNA-winkel in die land. “Ons wil graag die ­Oudtshoorn-gemeenskap bedank vir hul getroue ondersteuning.”

Die PNA is Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 17:30 en Saterdae van 08:00 tot 14:00 oop. Vir enige navrae skakel 044 272 0389.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?