Kollig op vroue: Rachel’s Creations

Van links: Vanessa Manuel, Rachell Radebe (eie­naar), Elizabeth Erasmus en Sheroline de Villiers. Foto:  Wyndham Ewerts

Van links: Vanessa Manuel, Rachell Radebe (eie­naar), Elizabeth Erasmus en Sheroline de Villiers. Foto: Wyndham Ewerts

Van kindsbeen al het ek ’n passie gehad vir klere regmaak en ontwerp. Op skool het ek kennis gemaak met materiaal en daar die waarde daarvan besef. In my matriekjaar het ek my eerste naaimasjien gekoop en so ook my eie matriekrok gemaak.

Na hierdie wonderlike ondervinding het my liefde vir materiale net sterker geword.
Ek is al 26 jaar in die naaldwerk/ ontwerpbedryf en geniet steeds elke oomblik.

Graag wil ek ook aan alle vroue oordra dat jy nie geld nodig het om jou drome vlerke te gee nie: net die liefde vir jou vaardigheid en jou twee hande.

Die res sal alles in plek val. Baie dankie aan al my lojale kliënte en ouers vir hul getroue ondersteuning oor die jare. ’n Wonderlike vrouemaand vir elke vrou!
– Rachell Radebe

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?