Kollig op vroue: Kwaliteit kliëntediens ’n prioriteit vir dié vroue

Links: Estelle Visser, Ninette Behr en Nicolene Terblanche.

Links: Estelle Visser, Ninette Behr en Nicolene Terblanche.

Estelle, Ninette en Nicolene van Biltong Den werk lekker saam en streef om elke kliënt met ’n glimlag by die winkeldeur uit te stuur.

“Kwaliteit kliëntediens is ’n prio­riteit. Ons het nou ’n nuwe eienaar, maar die goeie kwaliteit van ons produkte bly dieselfde. Ons winkel se voorkoms gaan net ’n ­bietjie ver­ander. So kom loer gerus in en hou hierdie spasie dop vir nuwe veranderings!” vertel Estelle Visser, winkelassistent by Biltong Den.

Die Biltong Den het oorspronklik as ’n stalletjie in Fruit & Veg begin en bestaan reeds agt jaar as ’n winkel in die Queen’s Mall. Estelle stap ’n lang pad met die winkel reg van die begin af.

“Die nuwe eienaar is baie vriendelik en ons werk lekker as ’n span saam,” sê sy.

Ninette Behr werk al meer as ’n jaar saam met Estelle en sê dit is ’n voorreg om by Biltong Den te werk. “Dit voel nie soos werk nie. Dit voel asof ek by familie werk en dat die kliënte elke dag by ons kom kuier.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?