Klein Karoo Carpet Cleaners is hier

Deur Wyndham Ewerts
Klein Karoo Carpet Cleaners (Pty) Ltd se trotse eienaars, Jacques en Chriszelda Steyn, vertel dat hulle baie lank gewik en geweeg het om die besigheid op die been te bring.

“Hierdie was regtig ’n gebedsaak,” sê Chriszelda. “Ons het die afgelope ses maande intensiewe marknavorsing gedoen, omdat ons eers doodseker wou maak dat die besigheidsrigting waarin ons wil belê, wel finansieël lewensvatbaar is. Die idee het aanvanklik by hulle posgevat toe die matteskoonmaakbesigheid waar Jacques lank gewerk het, se eienaar verlede jaar Desember sy besigheid wou verkoop omdat hy Amerika toe is.

In daardie stadium het hulle egter nie die nodige kapitaal gehad nie. Deel van hul marknavorsing was verskeie voorleggings-e-posse na gastehuise, skole, aftreeoorde ens.
“Die reaksie was oorweldigend,” sê Chriszelda.

“Na diepe nadenke het ek en my man uiteindelik besluit om die spreek­woordelike vertrouens­sprong te neem.

“Tans bedryf ons die besigheid van ons huis af.

“Ons het egter groot planne om in die toekoms uit te brei. Klein Karoo Carpet Cleaners se pryse is baie ekonomies en vir seker die goedkoopste in die dorp.

“Ons is ook vir BTW geregistreer en kan sake doen met staatsinstansies soos die weermag, kolleges, die

polisie, korrektiewe diens­te, munisipaliteite en staatskantore.

“Geen werk is vir ons te groot of te klein nie en aanvullende dienste soos die skoonmaak van matte, matrasse, sitkamerstelle, los stoele, los matte en kussings, voertuigsitplekke, en taxi’s is ook deel van die pakket wat ons aanbied. Kwotasies buite Oudtshoorn kan per telefoon of WhatsApp gedoen word.”

“Klein Karoo Carpet Cleaners se personeel het 20 jaar-ervaring in die bedryf en kan nie wag om ’n goeie diens vir ons gemeenskap te lewer nie,” sê Jacques.

“Ons werk ook op omliggende dorpe soos Dysselsdorp, De Rust, Klaarstroom, Prins Albert, Calitzdorp, Ladismith, Uniondale, George, Mosselbaai, Hartenbos en omlig­gende plase.

“Ons wil by voorbaat dankie sê aan ons voornemende kliënte en hoop om ’n lang pad met hulle te loop.

Ons woord is beslis ons eer , en kwaliteit-diens by KKCC is nie onderhandelbaar nie.”

Klein Karoo Carpet Cleaners 

E-pos: kleinkaroocarpetcleaners@gmail.com – vir GRATIS kwotasies of kontak: 082 773 6273 vir enige navrae.
Jacques & Chriszelda Steyn

Jacques & Chriszelda Steyn

Log in with your credentials

Forgot your details?