Klein Karoo Agri: Voorspoed met nuwe ontwikkeling!

Terblanche du Plessis.

Terblanche du Plessis.

DAAR is reeds ’n toename in die aantal voete en tran-saksies by Klein Karoo Agri sedert die uitbreidings en veranderings by die Agri Supermark in gebruik geneem is, sê Terblanche du Plessis, besturende direkteur van die onderneming.

Hoewel dit nog vroeg is, is daar reeds ’n merkbare groei in besigheid, sê hy.

Tydens die ingebruikneming van die nuwe ontwikkeling op Maandag, 24 Julie, het Du Plessis gesê hulle het eers goed marknavorsing gedoen voordat met die ontwikkeling begin is. “Hoewel Oudtshoorn se ekonomie onder druk is, glo ons wat ons hier in gebruik neem, is die regte ontwikkeling op die regte plek, het hy gesê. Hy glo die nuwe Caltex Vulstasie, ge- riefswinkel en nuwe res-taurant is baie goed geleë om veral die inwoners van Wesbank te bedien.

“Ons bied nou aan inwoners ’n veilige, skoon en netjiese vulstasie, win-kel en koffiewinkel wat vir hulle gerieflik geleë is. Ons het 24 uur per dag sekuriteit op die perseel,” het Du Plessis gesê.

Hy het al Oudtshoorn se inwoners genooi om te kom kyk wat nou alles by Klein Karoo Agri aangaan.

Die personeel van Mica Hardware wat amptelik op Vrydag, 28 Julie, binne in die Klein Karoo Agri Supermark geopen het. Hulle is van links Diederick Lerm, Theunis Holtzhausen, Llewellyn Rheeder (vloerbe­stuurder), André Lombaard (streeksbestuurder) en Armand Feldtmann (bestuurder). ’n Wye verskeidenheid boumateriaal, kraggereedskap, hardeware en verf is by Mica Hardware beskikbaar. Foto: Ilze-Mari Gründling

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?