Klein Karoo Agri open nuwe vulstasie met geriefswinkel

Jurie Klue (derde van links), voorsitter van die Klein Karoo Agri (KKA) se direksie, knip die lint tydens die opening van die nuwe Caltex Vulstasie en geriefswinkel by die rybaan. Dit was terselfdertyd die opening van Karoobrou, ’n koffiewinkel en restaurant  wat KKA se kliënte bedien. By Klue is van links Johannes Delport, voorsitter van die Klein Karoo Groep se direksie, Marnelle Steyl, finansiële bestuurder van KKA, André Viviers, takbestuurder van KKA, Terblanche du Plessis, besturende direkteur van KKA, en Cornel Vermeulen, die hoof- uitvoerende bestuurder van Moov. Onder is die nuwe Caltex-rybaan tussen Parkweg-Suid en die Klein Karoo Agri Supermark.

7 Vulstasie

Deur Schalk le Roux
en Ilze-Mari Gründling
’N SPLINTERNUWE Caltex-vulstasie is Maandag amptelik deur Klein Karoo Agri tussen die Agri Supermark en Parkweg-Suid op Oudtshoorn geopen.

By die vulstasie is ook ’n geriefs-winkel wat saam met die vulstasie daagliks van 06:00 tot 20:00 oop is asook die Karoobrou Koffiehuis & Restaurant wat van 07:00 tot 18:00 oop is Maandae tot Vrydae en naweke van 07:00 tot 14:00.

Benewens hierdie ontwikkelings is daar ook ’n nuwe Mica Hardwarewinkel binne-in die Agri Supermark oopgemaak. Hoewel Mica eers Vrydag (28 Julie) amptelik geopen word, doen die winkel reeds besigheid en verskyn ’n wye verskeidenheid spesiale aanbiedinge in vandag se uitgawe van Die Hoorn. (Sien advertensie hiernaas asook op ble 8 en 9.)

Die vulstasie wat agter die Klein Karoo Groep se hoofkantoor was, is gesluit en die motorwasbesigheid sal voortaan daar bedryf word.

Terblanche du Plessis, besturende direkteur van Klein Karoo Agri, het by die opening gesê Oudtshoorn se ekonomie is onder druk en dat daar goed navorsing gedoen is voordat daar met die nuwe ontwikkeling begin is. “Ons glo wat ons vandag hier in gebruik neem, is die regte ontwikkeling op die regte plek en op die regte tyd. Ons belangrikste teikenmark is Wesbank se inwoners. Ons bied aan inwoners ’n veilige, skoon en netjiese vulstasie en geriefswinkel. Ons het 24 uur per dag sekuriteit op die perseel,” het hy gesê.

Volgens Du Plessis is hul strewe met die ontwikkeling om waarde vir “ons gemeenskap, ons lede en ons aandeelhouers toe te voeg”.

Hy het al die betrokkenes bedank vir die vertroue wat hulle in Klein Karoo Agri gestel het en vir almal se ondersteuning.

Die ontwikkeling dra ook by tot nuwe geleenthede en werkskepping vir die plaaslike gemeenskap, het Du Plessis bygevoeg.

Marnelle Steyl, finansiële bestuurder van Klein Karoo Agri, sê die ont-wikkeling is die gevolg van Klein Karoo Agri se voortdurende strewe om sy diens te verbeter.

• Vir hul bydraes tot die ontwikkeling het Du Plessis vir Johan Smit van Johan Smit Argitekte, Werner en Harold Tome van HW Tome Konstruksie, Eben en Theo Barnard, elektriese kontrakteurs, en Cornel Vermeulen en Kolie Britz van Moov (Caltex) bedank.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?