Kerkstraat kry nuwe gastehuis

Die eienaars van die nuwe De Akker B&B Gastehuis, Morné en Rikie Tome (links en naaslinks), saam met die gastehuis se personeel, Adri Odendaal (regs) bestuurder, en Shirley Adams, kok en huishoudster.

Die eienaars van die nuwe De Akker B&B Gastehuis, Morné en Rikie Tome (links en naaslinks), saam met die gastehuis se personeel, Adri Odendaal (regs) bestuurder, en Shirley Adams, kok en huishoudster.

DIE nuwe De Akker B&B Gastehuis het vandeesweek sy deure vir gaste oopgemaak te Kerkstraat 82, Oudtshoorn.

Die eienaars is Morné Tome, sukses-volle jong sakeman van Oudtshoorn, en sy vrou Rikie wat by die bedryf van die gastehuis betrokke gaan wees.

Die gastehuis wat die tweede huis noord­oos van die Ou Hangbrug in Kerkstraat is, is baie sentraal geleë en binne stapafstand van verskeie restaurante, besienswaardighede en winkels.

Morné het ’n lang verbintenis met die huis wat voorheen die rekenmeestersfirma Acker & Maloney Ing gehuisves het deurdat hy in 2006 en 2007 daar gewerk het vir sy klerkskap. Vandaar ook die naam De Akker B&B.

Rikie vertel die huis is in die vroeë jare 1900 gebou. ’n Gedeelte van die huis het aanvanklik ’n houtwerkonderneming ge-huisves. “Sover ons kan vasstel is dit later as ’n woonhuis gebruik totdat Acker & Maloney dit gekoop en hul kantore daar ingerig het,” vertel sy. Hulle het die huis by Acker & Maloney gekoop.

Met die inrig van die huis as gastehuis het die Tome’s gedeeltelik die outydse karakter behou, soos in die eetkamer wat nog sy oorspronklike houtvloer in het.

Die vyf slaapkamers, wat almal hul eie badkamers, lugversorging en televisies in het, het egter moderne vloere wat aansluit by die houtvloer van die sitkamer.

Drie van die slaapkamers het slaapplek vir twee, een kamer vir drie en een kamer vir vier. Benewens die vyf slaapkamers is daar ook twee selfhelpeenhede agter die huis. Adri Odendaal, wat al sewe jaar onder-vinding in die gasvryheidsbedryf het, gaan die gastehuis bestuur, en Shirley Adams, wat al twaalf jaar ondervinding in die bedryf as kok het en sal as huishoudster optree.

Morné en Rikie nooi inwoners om te kom kyk hoe dit nou by De Akker lyk en om mense daarheen te verwys.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?