Karoobrou wil net die beste koffie op Oudtshoorn aanbied

Die eienaars van die nuwe koffiehuis en restaurant Karoobrou, Herman en Nadia Bosch. Foto: Ilze-Mari Gründling

Die eienaars van die nuwe koffiehuis en restaurant Karoobrou, Herman en Nadia Bosch.
Foto: Ilze-Mari Gründling

DAAR is ’n nuwe koffiehuis en restaurant in Oudtshoorn en die eienaars beoog om die beste koffie in die dorp aan te bied.

Die eienaars van Karoobrou, Nadia en Herman Bosch, het Maandag saam met die opening van die Klein Karoo Agri-vulstasie hul koffiehuis geopen. Die twee het vyf jaar gelede ontmoet en is twee jaar gelede getroud.

Hierdie is die eerste koffiehuis wat Nadia en Herman aanpak. “Herman is ’n sjef van beroep en ons wil net die lekkerste koffie en eetgoed vir Oudts­hoorniete aanbied. Ons het ’n passie vir mense en kos. Ons bak ook al ons eie brode!”

Die paartjie beoog om na ’n jaar die koffie­huis uit te brei. Daar is tans 60 sitplekke.
“Ons wil dit graag verdubbel. Ons beoog ook om in die toekoms daaglikse etes bekend te stel – gekookte, gesonde kos. Saam met dit het ons ook ’n ses weke-eetplan asook pouse-etes vir kinders. Daar is baie dinge wat ons nog wil doen.”

Karoobrou is weeksdae van 07:00 tot 18:00 oop, Saterdae van 07:00 tot 15:00 en Sondae van 09:00 tot 14:00. Vir enige navrae of besprekings, kontak Nadia by 064 800 1876.

Log in with your credentials

Forgot your details?