HW Tome Konstruksie boer vooruit!

Werner Tome by Klein Karoo Agri.

Werner Tome by Klein Karoo Agri.

DIT was ’n voorreg om by die nuwe ont-wikkeling by Klein Karoo Agri Supermark betrokke te gewees het, sê Werner Tome, eienaar van HW Tome Konstruksie wat die bouwerk by die ont­wikkeling behartig het.

“Ek wil ook graag van die geleentheid gebruik maak om Klein Karoo Agri voorspoed toe te wens met die nuwe Caltex Vulstasie, die geriefwinkel en die nuwe Mica Hardware. Voorspoed ook aan Karoobrou met jul koffiewinkel en restaurant.”

Werner vertel hy het in 2010 by HW Tome Konstruksie betrokke geraak. Die besigheid, waarvan die geskiedenis tot 1988 terugstrek, het toe nog aan sy pa, Harold, behoort.

Hy het die besigheid twee jaar gelede by sy pa oorgeneem. Hoewel sy pa nie meer voltyds in die boubedryf is nie, bestuur hy steeds projekte en is hy in ’n toesighoudende hoedanigheid betrokke.
HW Tome Konstruksie het die afgelope aantal jare na onder meer Mosselbaai, George en Ladismith uitgebrei.

“Hoewel ons steeds op die bou van huise fokus, het ons die laaste tyd ook betrokke ge­raak by die ontwikkeling van kommersiële geboue soos fa­brieke en woonstelle.

“Die ontwikkeling by Klein Karoo Agri was een van ons jongste projekte,” vertel Werner.
Verdere belangrike bouprojekte wat HW Tome Konstruksie die laaste tyd doen, is die opknapping en oordoen van onder meer franchise-restaurante en -winkels soos Spur, Cardies, Ocean Basket en John Dory’s in die Oos- en Wes-Kaap.

HW Tome Konstruksie beskik oor ’n werkspan van 50 mense wat onder meer voormanne en toesighouers, messelaars, skrynwerkers en telers insluit.

Vir ’n kwotasie vir bouwerk of enige ander navrae kan Werner gekontak word by 0829022138 of stuur ’n e-pos na admin@hwtconstruction.co.za.

Die bou-onderneming se webadres is www.hwtconstruction.co.za.

• Werner, wat op Oudtshoorn grootgeword het en by besigheid op Oudtshoorn en elders betrokke is, is ook tans die gebiedsvoorsitter van die Tafelronde in die Suid-Kaap.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?