Groot verskaffer van gesuiwerde water open

Die eienaars van MG Bottles en MG Water, Morné Tome (links) en Gernes Claassen (regs), saam met Michelle Pienaar, kliëntediens, in MG Water se winkel waar kliënte water kan kom koop.

Die eienaars van MG Bottles en MG Water, Morné Tome (links) en Gernes Claassen (regs), saam met Michelle Pienaar, kliëntediens, in MG Water se winkel waar kliënte water kan kom koop.

Gebottelde water beskikbaar of ons vul u eie houers. 

MG Water open vandag (Donderdag, 15 Maart) sy winkel in Quarrystraat 15, Oudtshoorn, naby Badenhorst Slaghuis en
Vredebest Verpakking. Gebottelde water in verskeie grootte houers is regstreeks aan die publiek beskikbaar. Inwoners kan ook hul eie houers bring wat by die winkel met gesuiwerde water gevul kan word.

MG Water verskaf ook gebottelde water aan supermarkte, winkels, kafees en restaurante.

Die eienaars van MG Water is twee ou bekendes op Oudtshoorn, Morné Tome en Gernes Claassen. Hulle het MG Bottles, wat bottels van die veilige PET-materiaal maak, in Junie 2016 geopen. Hulle lewer die bottels, 330 ml, 500 ml, 750 m, 1 liter, 1,5 liter en 5 liter, aan besighede in die Klein Karoo en Tuinroete.

Met die toenemende vraag na gesuiwerde water en onsekerhede oor die gehalte van munisipale drinkwater het hulle ’n
watersuiweringsaanleg met die modernste toerusting op dieselfde perseel as MG Bottles geïnstalleer. Die water wat deur
MG Water verskaf word, gaan deur verskeie filtreerders waarna dit die proses van omgekeerde osmose deurgaan.

MG Water het een van die grootste watersuiweringsaanlegte in die Klein Karoo en vanweë hul groot watertenks en bergingsgeriewe vir gebottelde water kan kliënte daarvan verseker wees dat hulle nie maklik sonder voorraad sal wees nie.

Vir enige navrae skakel 0608732211 of kontak gerus vir Morné by 0824596146 of Gernes by 0828707624.

• Hulle kan ook gekontak word vir u eie etikette op die bottels vir u besigheid asook vir spesiale geleenthede soos onthale, partytjies, troues en nog meer.

MG Bottels se aanleg en MG Water se winkel te Quarrystraat 15, Oudtshoorn, waar kliënte gebottelde water kan koop asook hul eie leë waterhouers kan bring om gevul te word. Die perseel is naby Badenhorst Slaghuis en Vredebest.

MG Water se watersuiweringsaanleg waar die gesuiwerde water gebotteleer en verpak word. Besig met die verpakkingswerk is van links Caroline Tarentaal, Lize Coetzee en Sonja Makshella.

MG Water se watersuiweringsaanleg waar die gesuiwerde water gebotteleer en verpak word. Besig met die verpakkingswerk is van links Caroline Tarentaal, Lize Coetzee en Sonja Makshella.

Spesiale aanbod tot einde Maart 2018 80c per liter as jy eie houer bring

Log in with your credentials

Forgot your details?