Ford kry nuwe handelaarshoof

Kliënte en personeel die belangrikste

Foto bo: Rudi van Dyk (34), nuwe handelaarshoof van Oudtshoorn Ford. Hy sê hy sal graag ’n goeie verhouding met alle ander motorhandelaars op Oudts-hoorn handhaaf. Foto links: Konstruksiewerk aan die Caltex Vulstasie by Oudtshoorn Ford vorder fluks.

Foto bo: Rudi van Dyk (34), nuwe handelaarshoof van Oudtshoorn Ford. Hy sê hy sal graag ’n goeie verhouding met alle ander motorhandelaars op Oudts-hoorn handhaaf. Foto onder: Konstruksiewerk aan die Caltex Vulstasie by Oudtshoorn Ford vorder fluks.

9 Ford 2

DIE nuwe handelaarshoof van Oudtshoorn Ford, Rudi van Dyk, sê hy glo daarin om skoon en opregte sake te doen en vir hom is die be­langrikste aspek van besigheid kliënte en personeel.

Met oor ’n dekade se ondervinding in die motorbedryf en verskeie toekennings in sy loopbaan is Ford Oudts­hoorn in goeie hande

Toe Van Dyk ’n paar maande gelede die geleentheid kry om as handelaarshoof by Oudtshoorn Ford aan te sluit, het hy die geleentheid aangegryp.

“Oudtshoorn is ’n pragtige plek in ’n mooi omgewing, weggesteek tus-sen die Outeniqua- en Swartberge.
Van Dyk beskou Oudtshoorn as een van Suid-Afrika se juwele!

Oor die potensiaal van Oudts-hoorn Ford sê hy met die manier wat sake vandag gedoen word, beperk ligging nie meer die potensiaal en kapasiteit van ’n onderneming nie.

“Ek het baie kontakte landwyd, ondervinding en ’n passie vir die motorbedryf. Met wat ek het om te bied, sien ek baie uit na die uitdaging!”

Hy vertel hy streef daarna om sy personeel te bemagtig en te motiveer.

Van Dyk se vrou, Yolandi, is ’n professionele fotograaf. Hulle het ’n dogter, Skyelin (8) en ’n seuntjie,

Eden Cruce (5 maande).
• Van Dyk het in ’n opwindende tyd by Oudtshoorn Ford aangesluit.

Die handelaarskap gaan in die eerste helfte van 2018 ’n splinternuwe moderne gesig kry.
Konstruksiewerke aan die petrolrybaan, wat oorgedoen word en ’n nuwe, groter brandstoftenk kry, het reeds begin.

Daarna gaan die vertoonlokaal en die gedeelte vir gebruikte voertuie oorgedoen word en ’n geriefswinkel ingerig word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?