Fishaways tweede jaar in ’n ry die beste in die Wes-Kaap!

Die trotse personeel van Fishaways is voor van links Yolandi Fortuin, Ellendeen Filander en Nadia Meiring. Agter van links staan Fransciska Meiring-Stalmeester, Donovan Stalmeester, Carmenita Josephs, Marshall Thomas, Juliana Cupido, Brian Jacobs en Cadelia Jullies.

OUDTSHOORN se Fishaways het vir die tweede jaar in ’n ry die toekenning vir die beste Fishaways-tak in die Wes-Kaap ontvang.

“Ons het ook die tweede plek in Afrika behaal in die kategorie vir die handhawing van standaarde – die kwaliteit van diens, kos en netheid. Ons is baie trots daarop,” vertel Brian Jacobs van Fishaways.
Volgens Jacobs word daar elke maand ’n “geheime koper” vanaf Kaapstad gestuur om die winkel se kos en diens te evalueer. Hierdie persoon is onbekend aan die personeel en hulle weet nie dat hy of sy daar aandoen nie.

Fishaways word voorts ook maandeliks deur die bestuurder van die Fishaways-konsessie geëva­lueer.
Dié besoeke en tye van evaluasies word ook nie vooraf bekend gemaak nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?