Entrepreneurskapkursus van 4 tot 8 Desember!

Deur Wyndham Ewerts
Kay Beez Development Projects beoog om vanaf 4 – 8 Desember ’n Entrepreneurskapkursus aan te bied by die Oudtshoorn Youth Cafè. Die koste van dié opleiding is slegs R700.

“Hierdie is ’n gulde geleentheid vir mense om ’n hoë gehalte kwalifikasie te bekom teen ’n bekostigbare prys,” sê Vivian Booysen, direkteur van Kay Beez Development Projects.

“Ons het ’n wye reeks kursusse wat ons vir die maande van Desember en Januarie in die pyplyn het. Op die huidige oomblik is ons reeds volstoom aan die gang met gratis le­wensvaardigheidsklasse. “Hierdie kursus moedig leerders aan om lewensvaardighede aan te kweek en te beoefen wat hulle sal toerus om onafhanklik en effektief op die lewe se uitdagings te reageer asook om ’n aktiewe en verantwoor­delike rol in die gemeenskap te speel.” Die lewensvaardigheidsklasse eindig 2 Desember, en oud en jonk is wel­kom om dit by te woon. Al ons kursus­se word tusen 09:00 en 15:00 by die Oudtshoorn Youth Cafè aangebied.”

Vanaf 8 tot 9 Desember word rekenaarklasse gefasiliteer, met ’n ­Natuurlike Hulpbronne en Rampbestuurkursus wat sal volg vanaf 15 tot 19 Januarie 2018.

Pryse vir hierdie kursusse is R800 per leerder wees.

Kursusse is ten volle geakkrediteer en ná voltooiing van die kursusse sal sertifikate tydens ’n spoggeleentheid aan suksesvolle kandidate oorhandig word. Alle werkswinkels aangebied deur Kay Beez Development Projects is van topgehalte en word deur kun­dige geakkrediteerde fasiliteerders aangebied.

Kontak Vivian Booysen (Direkteur) by 084 583 6303 en e-pos vivianbooy@gmail.com navrae rakende die kursusse. (Promosie)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?