Enchanted Coffee word 1 jaar oud

Koffiewinkel ’n droom wat waar geword het

Enchanted Coffee in St Johnstraat op Oudtshoorn se personeel van links is Charlene Strydom, Bettie Philander, Lucricia Nuys, Adalene Rudolph (eienaar), Katy Fortuin en Clothilda Manuel.

Enchanted Coffee in St Johnstraat op Oudtshoorn se personeel van links is Charlene Strydom, Bettie Philander, Lucricia Nuys, Adalene Rudolph (eienaar), Katy Fortuin en Clothilda Manuel.

ADALENE RUDOLPH, eienaar van Enchanted Coffee op Oudtshoorn, se droom was lank om haar eie koffiewinkel te besit en te bestuur. Dit moes nie net nog ’n koffiewinkel wees nie, maar uniek en eiesoortig met ’n besondere styl. Haar droom het ’n realiteit geword toe Enchanted Coffee sy deure op Maandag 3 Oktober 2016 in 152 St John’s-gebou in St Johnstraat geopen het.

Gehalte kliëntediens is vir Adalene ’n prioriteit, en sy leef haar passie en entoesiasme so uit dat sy kliënte in haar winkel ontvang asof hulle by haar eie huis is. Sy bak self haar eie koeke en gebruik net die beste bestanddele. Al die geregte op die spyskaart het sy self vooraf gemaak en beproef om te verseker dat haar kliënte waarde vir hul geld kry.

Adalene se visie is om haar kliënte te betower deur hul verwagtinge te oortref met haar varsgebak en kwaliteit diens, vandaar die naam Enchanted Coffee.

• Hoe sê ’n mens dankie?

Enchancted Coffee bedank al sy getroue, lojale kliënte vir hul ondersteuning die afgelope jaar. Dit was vir ons ’n riem onder die hart om te sien hoe ons saam met ons kliënte gegroei het en nog steeds van krag tot krag gaan. Ons kliënte het ons gehelp bou aan ons karakter en die atmosfeer van Echanted Coffee en daarom besef ons hoe bevoorreg en geseënd ons is.

Een van Enchanted se mees getroue kliënte is Charlotte van den Heever (8), ’n graad 3-leerder van Laerskool Wesbank. Sy het die volgende te sê gehad tydens ’n Afrikaanse mondeling by haar skool: “ Enchanted Cofffee het verseker die lekkerste melkskommels!” Hier staan Charlotte by die eienaar, Adalene Rudolph.                       Foto verskaf

Gereelde kliënte kuier lekker by Enchanted Coffee!Van Enchanted Coffee se gereeldste kliënte  is bo van links William Gould, Ludwig Wagener, Sara Gould en Bonkie Wagener. “Ons was van die eerste kliënte by Enchanted Coffee na hul ontstaan en dit voel al soos ons tweede huis,” vertel Sara. “Die atmosfeer is baie ontspanne, en die klientediens is absoluut tops. My gunsteling gereg is hul hoenderslaai!”

Gereelde kliënte kuier lekker by Enchanted Coffee!  Van Enchanted Coffee se gereeldste kliënte is bo van links William Gould, Ludwig Wagener, Sara Gould en Bonkie Wagener. “Ons was van die eerste kliënte by Enchanted Coffee na hul ontstaan en dit voel al soos ons tweede huis,” vertel Sara. “Die atmosfeer is baie ontspanne, en die klientediens is absoluut tops. My gunsteling gereg is hul hoenderslaai!”

Die gewilde Enchanted Coffeeshop, geleë in St Johnstraat 153, Oudtshoorn.

Die gewilde Enchanted Coffeeshop, geleë in St Johnstraat 153, Oudtshoorn.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?