Chas Everitt weereens bo!

1ste in die Streek en 2de in die Land Van links is Antoinette du Toit, Berry Everitt (CEO Chas Everitt International Property Group) en Janka Niemand.

1ste in die Streek en 2de in die Land
Van links is Antoinette du Toit, Berry Everitt (CEO Chas Everitt International Property Group) en Janka Niemand.

Deur Wyndham Ewerts
CHAS EVERITT Oudtshoorn se span, Janka Niemand en Antoinette du Toit, is tydens die Chas Everitt-groep se onlangse Nasionale Gala in Sandton bekroon met ’n algehele tweede plek in Suid-Afrika in die kategorie vir die Top Non-Metro Partnership!

Chas Everitt is ’n internasionale maatskappy en is reeds 38 jaar oud met 165 takke landswyd en ongeveer 750 agente.
Chas Everitt Oudtshoorn het boonop eerste plek in die streek behaal in die kategorieë vir Top Metro Partnership, Top Origination Agents/Team en Top Unit Agent/Team.

“Ons staan in absolute verwondering dat ’n plattelandse dorpie soos Oudtshoorn stof in die oë kan skop van ander dorpe en streke wat Gauteng, Limpopo, Noordwes, die Kaapprovinsie, Tuinroete, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap insluit.

Sonder ons lojale en tevrede kliënte sou ons nooit hierdie prestasie kon behaal nie,” sê Janka.

Volgens Antoinette, mede-vennoot van Chas Everitt, kan hul sukses toegeskryf word aan harde werk en die vermoë om in spanverband saam te werk.

“Ons het in 2007 ons kantore oopgemaak op Oudtshoorn en in 2014 het ons die eienaarskap van die besigheid oorgeneem. Die eiendomswêreld is ’n baie kompeterende bedryf, en daarom loop ons met grootste liefde die ekstra myl vir ons kliënte.

Flinke en persoonlike diens is ons prioriteit en dit is die hoeksteen waarop Chas Everitt se sukses gebou is. Ons leuse is om sterk konsekwente familie-waardes te kweek wat respek, vertroue en vrymoedigheid bevorder. Sedert ons bestaan het ons nog elke jaar toekennings ontvang wat ’n ware testament is van ons professionele diens asook besondere guns en seën van ons Hemelse Vader sê Janka trots. Rosemary Light, agent werksaam by die Chas Everitt Calitzdorp-tak, het ook die Klein Karoo se naam hoog gehou met die streekstoekenning vir top-verkope (R25 miljoen), asook ’n benoeming vir die top drie-agente.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?