Billet Retail Consultant vier 10 jaar

Flippie Bezuidenhout (naasregs agter), eienaar van National Auto Glass, saam met (agter van links) Neels du Preez, National Glass, Gus Burgress, takbestuurder van National Glass/Eagle Aluminium), en Cap Badenhorst, eienaar van Vehicle and Home Protection, en voor van links  Adriaan Stander van National Glass (verkope) Dexter Matelakengisa, hoofbestuurder van National Auto Glass, Johan Engelbrecht, eienaar van National Auto Glass George, en Grant Brestler van Xpanda. Hulle almal het spesiaal na Oudtshoorn gereis om National Auto Glass se 10de verjaardag saam te vier.

Produkte en dienste voortdurende uitgebrei

Billet Retail Consultants (BRC), wat as National Auto Glass Oudtshoorn bekend staan, het Vrydagaand (7 Julie) sy 10de verjaardag saam met verskaffers en kliënte by die Headlines Restaurant op Oudtshoorn gevier.

Flippie Bezuidenhout, wat sedert die begin by die onderneming betrokke is, aanvanklik as bestuurder, maar die laaste sowat 4 jaar as eienaar, het die aand vertel hulle het aanvanklik op motorglas en huisglas gefokus.

“Ons het egter oor die jare ’n wyer verskeidenheid produkte in die besigheid ingebring om die diens wat ons kliënte lewer uit te brei.”

Hy het beklemtoon dat die beste ge-halte glas en ander produkte, uitstaande vakmanskap, mededingende pryse en vriendelike, professionele en doeltreffende diens vir hulle nog altyd ononderhandelbaar was.

Agentskappe waarvan BRC die geakkrediteerde verskaffers en installeerders is, is onder meer National Auto Glass, Eagle Aluminium, Xpanda Security, Waterlinx Pool & Spa, The Blinds Factory, Staffix en EZE Garage Doors.

Die nuutste toevoeging tot BRC is die raambesigheid Get Framed wat hulle so pas by die vorige eienaars, Matt en Li-zanne Schroeder, oorgeneem het. “Ons is baie opgewonde en beoog om dié afde­ling verder uit te bou.

BRC is gekontrakteur met baie van die voorste versekeringsmaatskappye en lewer die volgende dienste:
• Installering van windskerms, kraak-reparasies, vensterglas, spieëls, dakvensters en balustrades, en hangplafonne.
• Vervaardiging en installering van aluminium-vensterrame, skuifdeure, opvoudeure en ’n volledige reeks storte;
• Tint van motor- en huisvensters;
• Verskaffing en installasie van diefwe­ring, veiligheidshekke, sekuriteitsproduk­te, kameras en elektriese heinings.
• Vertikale, Venesiese en rolblindings;
• Swembadtoebehore, glasveselwerk aan bestaande swembaddens en insit van glasveselswembaddoppe.

National Auto Glass is lid van die SA Glass & Glasing Assosiation.
Billet Retail Consultants is op die hoek van Voortrekkerweg en Rademeyerstraat. Vir navrae skakel gerus 087 809 0787.

Onder die gaste by die viering van National Auto Glass Oudtshoorn se tiende verjaardag is van links Jaanie Nel, Lizanne en Matt Schroëder, eienaars van Get Framed en Embroid’t, en Christo Nel.

Onder die gaste by die viering van National Auto Glass Oudtshoorn se tiende verjaardag is van links Jaanie Nel, Lizanne en Matt Schroëder, eienaars van Get Framed en Embroid’t, en Christo Nel.

Ook onder die teenwoordiges by National Auto Glass Oudtshoorn se 10de verjaardag is van links is Marius Terblanche, Caroline en Ian McGugan en Hein Crocker.

Ook onder die teenwoordiges by National Auto Glass Oudtshoorn se 10de verjaardag is van links is Marius Terblanche, Caroline en Ian McGugan en Hein Crocker.

Die personeel van National Auto Glass Oudtshoorn is voor van links Marthinus Ruiters, Jana en Flippie Bezuidenhout en Gerhard Viljoen, en agter van links Jacob Witbooi, Leonardo Oosthuizen en Natasha Raubenheimer.

Van links is Christo en Lorette Spies, en Rozaan en Jacques Thiart.

Van links is Christo en Lorette Spies, en Rozaan en Jacques Thiart.

Paul Amas (regs) en sy orkes maak musiek tydens die aand.

Paul Amas (regs) en sy orkes maak musiek tydens die aand.

Brandon Campher wat as seremoniemeester en komediant opgetree het.

Brandon Campher wat as seremoniemeester en komediant opgetree het.

Van links is Lorraine Viljoen, Melanie en Thinus Meiring en Hendrik de Villiers.

Van links is Lorraine Viljoen, Melanie en Thinus Meiring en Hendrik de Villiers.

Ook onder die gaste is van links Luise Sill-Shaw, Steve Shaw, Portia Silika (Oudtshoorn Munisipaliteit), Wendy Nojoko (Oudtshoorn Munisipaliteit),  Jan en Mona Jonker, en Naomi en Willie Robinson.

Ook onder die gaste is van links Luise Sill-Shaw, Steve Shaw, Portia Silika (Oudtshoorn Munisipaliteit), Wendy Nojoko (Oudtshoorn Munisipaliteit), Jan en Mona Jonker, en Naomi en Willie Robinson.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?