Baie belangstellendes by amptelike opening!

Louis Fourie (regs), besturende direkteur van Gearup (Synergy Four), aan die woord tydens verlede Donderdagaand se amptelike opening van Gearup. Van links saam met hom is Hein Jonker (ook ’n direkteur) en Gearup se personeel, van links Stephan Cornelissen, operasionele bestuur­der, Franklin Maart, Danielo Kamfer, Mario MacLeod en Braam Wannenburg.

Die direkteure van Synergy Four, wat Gearup besit, is van links Louis Fourie, Henco Rademeyer, Carel Herholdt, Brandon Iverach (finansieel), Bernard le Roux en Hein Jonker. Rademeyer, Herholdt en Le Roux is ook direkteure van Dryland Event Management.

BinneFietse

Gazebo

Uitmuntende diens en betrokkenheid

DIE nuwe fiets- en sportwinkel Gearup, ’n Giant-konsepwinkel in die Queen’s Mall in Voortrekkerweg, Oudtshoorn, is verlede Donderdagaand onder groot bly-ke van belangstelling vanuit onder meer die fietsry- en sakegemeenskap amptelik geopen. Digby 100 gaste het die opening by die winkel bygewoon.

Tydens die geselligheid het Louis Fou-rie, besturende direkteur van Gearup, gesê die klem by Gearup gaan val op uitmuntende dienslewering.

Hy het gesê hy en sy vennote, Brandon Iverach, uitvoerende direkteur, Henco Rademeyer, Hein Jonker, Carel Herholdt en Bernard le Roux, glo onwrikbaar in Oudtshoorn se potensiaal as nie net toerismebestemming nie, maar ook as sportmekka van die Suid-Kaap.

Gearup bied ’n wye reeks padfietse en berg­fietse eksklusief van Giant en Liv te koop aan. Liv, wat deel van Giant is, is ’n handelsmerk wat op vrouefietsryers ge-mik is. Giant, die wêreld se grootste vervaardiger van fietse, is aan die voorpunt van die nuutste tegnologie.

Benewens ’n wye reeks fietse, fietsrybenodigdhede, fietsonderdele, fietsrakke en sportdonkerbrille, bied Gearup ook be-nodighede vir onder meer rugby, hokkie, gholf, swem, tennis, muurbal, tafeltennis, krieket, atletiek en veerpyltjies aan.

Die winkel beskik oor ’n ten volle toe-geruste fietswerkswinkel.

Gearup is die plaaslike agent vir Polar-horlosies en GoPro-aksiekameras.

Fourie nooi sportklubs en skole wat bepaalde sportbehoefes het om hulle te nader. “Ons sien daarna uit om plaaslik betrokke te wees en om deel te raak van ons dorp se sportgemeenskap.”

• Die houermaatskappy van Gearup is Synergy Four wat deur die eienaars gestig is om in besighede op Oudtshoorn te belê.

Gearup is waar Ton’s Sport & Cycle voorheen was.
Fourie nooi alle belangstellendes om gerus by Gearup te kom inloer.

Stephan Cornelissen gesels met Dorothea en James du Preez.

Stephan Cornelissen gesels met Dorothea en James du Preez.

Theo Ferreira, Edgar Erasmus, Hikkie Marais en Francois Marais.

Theo Ferreira, Edgar Erasmus, Hikkie Marais en Francois Marais.

Errol Pretorius, Corné en Stephanie Botha, Louis Visser, Giep en Elsa Bosch en Louis Visser jr.

Errol Pretorius, Corné en Stephanie Botha, Louis Visser, Giep en Elsa Bosch en Louis Visser jr.

Teresa van der Westhuizen, Yolande en Henties de Villiers en Dirk van der Westhuizen.

Teresa van der Westhuizen, Yolande en Henties de Villiers en Dirk van der Westhuizen.

Louis Fourie sr, Brandon Iverach, Jaco Mortlock en Le Roux van Dyk.

Louis Fourie sr, Brandon Iverach, Jaco Mortlock en Le Roux van Dyk.

Jacques Roller en Hugo van der Bergh.

Jacques Roller en Hugo van der Bergh.

Jacques Terblanche, Brian Lennox, Ludwig Swanepoel en Bert Verlinde.

Jacques Terblanche, Brian Lennox, Ludwig Swanepoel en Bert Verlinde.

Esmari Mulder, Kathy en André du Preez en Mari-Lu Roller.

Esmari Mulder, Kathy en André du Preez en Mari-Lu Roller.

Ronelle Cornelissen, Liesl Neethling en Helene Badenhorst.

Ronelle Cornelissen, Liesl Neethling en Helene Badenhorst.

Marlene Joubert, Nicola Fourie, Erika Fourie, Mariëtte Mortlock en Marlize van Dyk.

Marlene Joubert, Nicola Fourie, Erika Fourie, Mariëtte Mortlock en Marlize van Dyk.

Log in with your credentials

Forgot your details?