Oudtshooorn se Katie Sekila besoek SS Mendi se rusplek

Deur Reindered Visser

 

By die herinneringsbyeenkomste van die SS Mendi was van links Sboniso Makyaye, Nomathembu Jamangile (dogter van huidige SANW-kapelaan, genl Andrew Jamangile,en agterkleindogter van skutter Jim Jamangile), Mike Veysie (agterkleinseun van Mendi-oorlewende, dr Lewis Eccles Hertslett - van die Koninklike weermag se mediese korps gesekondeer na die South African Native Labour Corps - SANLC, Paulina Buyeye-Mohale (Britse adjunk-minister van buitelandse sake vir verdedigingspersoneel en veterane), Mark Lancaster, Vivian Dhlamini, Katie Sekila (kleindogter van Mendi-oorlewende skutter Booi Tshikila), Tennyson Nyovana (kleinseun van skutter Ebenezer Nyovane), Jacques de Vries (agterkleinseun van Mendi-oorlewende sers Fitzclarence Jarvis Fitzpatrick) en Natalia Sifuba (agterkleindogter van SANLC-predikant, skutter Isaac Wauchope Dyobha. Foto verskaf

By die herinneringsbyeenkomste van die SS Mendi in Engeland was van links Sboniso Makyaye, Nomathembu Jamangile (dogter van huidige SANW-kapelaan, genl Andrew Jamangile,en agterkleindogter van skutter Jim Jamangile), Mike Veysie (agterkleinseun van Mendi-oorlewende, dr Lewis Eccles Hertslett – van die Koninklike weermag se mediese korps gesekondeer na die South African Native Labour Corps – SANLC, Paulina Buyeye-Mohale (Britse adjunk-minister van buitelandse sake vir verdedigingspersoneel en veterane), Mark Lancaster, Vivian Dhlamini, die Oudtshorniet Katie Sekila (kleindogter van Mendi-oorlewende skutter Booi Tshikila), Tennyson Nyovana (kleinseun van skutter Ebenezer Nyovane), Jacques de Vries (agterkleinseun van Mendi-oorlewende sers Fitzclarence Jarvis Fitzpatrick) en Natalia Sifuba (agterkleindogter van SANLC-predikant, skutter Isaac Wauchope Dyobha. Foto verskaf

Deur Reinderd Visser

In Februarie het ek oor Booi Tshikila geskryf, iemand wat die grootste deel van sy lewe in die Klein Karoo gewoon en gewerk het en wat ek ontdek het ’n oorlewende van die SS Mendi-ramp was.

Die ramp het 100 jaar gelede op 21 Februarie 1917 plaasgevind. ’n Totaal van 616 Suid-Afrikaners, waarvan 607 swart arbeiders, het tydens die ramp verdrink met net meer as 200 mense wat dit oorleef het.

Samekomste is die afgelope weke in Suid-Afrika en Engeland deur die lande se weermagte gehou om dié ramp en le­wensverlies van 100 jaar gelede in her­innering te roep. Nasate van gestor­- wenes en oorlewendes is na die verrigtinge in Engeland genooi. Onder hul­le was ’n Oudtshoorniet. Katie Seki­la van Bongolethu, Booi se een kleindog­ter, het saam met agt ander nasate Engeland van 16 tot 22 Februarie besoek.

Hul eerste stopplek, op 17 Februarie, was by die hawedorp Portsmouth. Hier is die Milton Begraafplaas met grafte uit die Eerste en die Tweede Wêreld­oorlog en hier is die liggame van agt arbeiders van die Mendi-ramp begrawe.

Katie vertel dat die nege van hulle tydens verrigtinge kranse by twee van die grafte gelê het. As deel van die program is die Last Post, die Reveille en die volksliedere van Suid-Afrika en Engeland gespeel met twee minute van stilte wat vir die gestorwenes gehou is.

Op 20 Februarie het hulle die Hollybrook Begraafplaas in Southampton besoek, waar die name van die arbeiders wat tydens die Mendi-ramp gesterf het en wie se liggame nooit teruggevind is nie, op ’n bronsplaat verewig is. Ook hier was ’n gewyde program en kranslegging.
Die hoogtepunt egter was op 21 Februarie, presies 100 jaar na die ramp.

Volgens Katie is hulle met die SAS Amatola, ’n fregat van die Suid-Afri­kaanse vloot, na die presiese plek naby die Isle of Wright geneem waar die wrak van die SS Mendi al vir 100 jaar diep onder die water lê. Katie sê dit was om twee redes vir haar ’n hoogtepunt. Eerstens omdat sy nog nooit voorheen op water in enige vaartuig was nie – sy sê dit het letterlik gevoel asof hulle op die water loop!

Maar die indruk wat die verrigtinge self op haar gelaat het, sê sy sal sy nooit vergeet nie!

Ek kan onthou hoe emosioneel ek ge­voel het toe ek die eerste keer Delvillebos in Frankryk binnegestap het, en ek het nie eens familie wat daar geveg of gesterf het nie. Katie Sekila was letterlik by die plek waar haar oupa in die koue see beland het en lank moes worstel om te oorleef.

Dit was hier waar die honderde lig­game om hom gedryf het (soos hy aan hulle vertel het) en waar ʼn vriend van hom, wat op dieselfde stuk hout kon kruip waarop hy was maar nie kon bly vashou nie, uiteindelik ook onder die water verdwyn het. Emosie!

Elkeen van die nasate het tydens die plegtigheid geleentheid gehad om ’n krans in die water te gooi. Katie vertel hulle is aangesê om effe wydsbeen te staan sodat hulle nie hul ewewig sou verloor nie. Direk nadat hulle die krans in die water laat val het, kon hulle ook ’n oomblik van stilte hou.

Ook hier is die Last Post, Reveile en die volksliedere gespeel. Onvergeetlik. Uiteindelik is die manne, wat vir baie lank in ons geskiedenis vergete was, op ʼn gepaste manier onthou – en so ook Booi Tshikila van Oudtshoorn.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?