Die Springboks en ’n veldslag in België

Deur Reinderd Visser

Deur Reinderd Visser

The Battle of Menin Road (Deel 1)

Reinderd Visser het die foto by die Zonnebeke Museum in Vlaandere geneem. Die hande stel soldate wat verdrin­k voor.

Reinderd Visser het die foto by die Zonnebeke Museum in Vlaandere geneem. Die hande stel soldate wat verdrin­k voor.

Ek gesels tans met jou oor ’n aantal van die groter veldslae waarby die Suid-Afrikaanse soldate tydens die 1914-1918 oorlog betrokke was. Verlede keer was ons by Arras in Frankryk, nou skuif ons aandag na die dorp Ieper in België.

Heelwat Oudtshoorniete en manne van die Klein Karoo het hier saam­geveg, met ten minste vier wat die hoogste prys betaal het. Ek het in die museum op ’n aantal briewe en ver­tel­linge afgekom waar soldate van ons omgewing en ’n London Times-­kor­respondent van hul ervarings vertel en deel dit graag.

Die veldslag by Ieper staan bekend as die Derde Slag van Ieper, aangesien dit die derde maal was wat daar groot gevegte in die gebied was (na Arras en ’n veldslag in Wes-Vlaandere). Dit sou einde Julie begin en volgens plan teen die herfs afgehandel wees voor die reënseisoen begin. Die grond was egter van diep klei en reeds deurdrenk met water en nóg reën sou sake moeilik maak vir troepe en tenks. Die veldslag sou egter eers in November – diep in die winter – eindig.

Die Duitsers, wat al lank in beheer van dié omgewing was, het as gevolg van die dik laag waterige kleigrond hul eie uitdagings gehad en kon nie ondergrondse skuilings en diep loopgrawe maak nie, aangesien dit gou vol water geloop het. Hulle het die sogenaamde “pill-boxes” vorendag gekom. In ’n brief wat ek in die Oudts­hoorn Courant raakgeloop het, skryf ’n korp Warren: These pill-boxes are built of concrete and iron girders and have walls five to six feet thick, in fact they are so strongly built that our shells hardly make any impression on them…

Dié betonbokse is driekwart onder die grond begrawe en afhangend van die grootte kon agt tot meer as 40 soldate tydens bomaanvalle daarin skuil en vyande met masjiengewere daaruit be­stook. Die hele front was besaai daarmee. Hul vorm het mense aan reuse pilbokse laat dink met die Duitse staalhelms daarbinne wat soos pille gelyk het. Die offensief het die oggend van 31 Julie oor ’n front van ongeveer 25 km begin. En toe reën dit. Soos by Arras kon hulle gou die linies vóór die pilbokse inneem, maar toe stop die deurdrenkte grond hulle. Byna die helfte van die gesneuwelde soldate het teen die einde van hierdie offensief as gevolg van verdrinking gesterf nadat hulle tydens aanvalle in modderwatergevulde bomkraters geval het.

Die grond was eers teen 16 Augustus droog genoeg vir ’n tweede aanval te loods, maar die pilbokse was te effektief en die Geallieerdes kon geen werkbare strategie daarteen uitwerk nie.

Teen September 1917 is die Skotse 9de Divisie, met die vier regimente van die Springboks, uit Frankryk nader getrek vir ’n derde probeerslag. Daar is nuwe planne gemaak en hulle is goed vir die aanval voorberei.

Twee briewe van Cecil Edmeades, soldaat en seun van die oor­spronklike eienaar van Pinehurst, J Edmeades, is in die Oudtshoorn Courant gepubliseer. Hy skryf: Today we were marched to (naam gesensor) where we saw a model of the ground over which our fighting is to take place.

Hier is hulle stap vir stap verduidelik hoe om die aanval volgens die nuwe strategie te loods. Die leiers van die 9e Divisie het die betonskuilings goed bestudeer en ’n manier uitgewerk hoe om dit onskadelik te stel.

’n London Times-korrespondent skryf: They had practiced very carefully the method of attacking concrete posts somewhat different from the ordinary … which proved very successful so that no lurking enemy remained.

Die artillerie sou met ’n vooraf afgesproke ritme bomme vóór die aanval­lers laat ontplof en – terwyl die vyand hulle koppe laag hou – aan die soldate van die voorste pelotonne die kans gee om links en regs verby ’n skuiling te kom; dit van die kant of van agter waar die ingang is aan te val en so onskadelik te stel. Terwyl die eerste pelotonne daar besig was, sou die volgende peletonne verby beweeg en die volgende skuiling aanval. En so aan. Hierdie plan met die ontploffende bomme net vóór die soldate was uiters gevaarlik, maar sou uiteindelik skitterend werk.

Die aanval van 20 September is oor ’n front van 15 km beplan, met die Suid-Afrikaners naby ’n heuwel met die naam Frezenberg Ridge. Dié fase van die Ieper-offensief sou as die “Battle of Menin Road” bekend staan. Dit klink of dié gebied een van die moeiliker dele van die front was om aan te val. Die London Times-korrespondent skryf: “They had a most important position in the battle line.” John Buchan skryf in sy boek oor die Springboks: “Not only was there a stream to cross, and many yards of swamp to struggle through, but the area included some of the most formidable ‘pill-boxes’ on the German front.” En elders: “The troops against us were some of the best in the German Army”.

Soos by Arras was daar drie doelwitte en die 3de en 4de regimente sou die eerste doelwit aanval. Na die inneem daarvan sou die 1ste en 2de regimente verbybeweeg en die volgende twee teikens aanval en oorrompel. En dan moes hulle hul ingrawe en die gebied verdedig teen teenaanvalle.

Edmeades skryf vol selfvertroue: Well Dad, we are here for a definite purpose, can’t tell you what or where it is but we’ve got to do it and then hold on. The job has been done before but been lost each time, this time there is going to be no withdrawing.

God only knows what the last word implies, but the boys are cheerful and willing enough and we intend proving to the OC that the new hands he leads are quite as capable and ready to do their duty as the old boys… Hy skryf verder: I expect we will get quite a pretty warm reception, but we are prepared for that, also to return what we get with compound interest.

Almal was op 19 September in posisie en gereed vir die volgende oggend se aanval wat twintig voor ses sou begin. En glo dit as jy wil, toe begin dit tienuur daardie aand swaar te reën. En dit reën die hele nag deur!

In Deel 2 vertel ek jou hoe dié modderige aanval verloop het.

Log in with your credentials

Forgot your details?