Vier partye beveg tussenverkiesing

Die partye wat aan die tussenverkiesing einde Mei in Wyk 13 op Oudtshoorn gaan deelneem, is reeds hard aan die werk in die wyk. Maandag het die Wes-Kaapse minister van finansies, dr Ivan Meyer, Oudtshoorn besoek en ook by huise van inwoners van die wyk aangegaan. Hier is hy (middel) tydens ’n besoek aan Hentie en Henna Ewerts in Vyfdelaan, Colridge View. By Meyer en die Ewertse is Tertius Simmers (links), DA-verkiesingshoof vir Oudtshoorn, en Marcelis Theyse (regs), DA-kandidaat vir Wyk 13.  Foto: Wyndham Ewerts

Deur Angelique Erasmus
VIER partye gaan aan die tussenverkiesing op Woensdag 30 Mei in Wyk 13 in Bridgton, Oudtshoorn deelneem, sê Chris Balie van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in die Wes- Kaap.

Die wyk het vakant geraak weens die dood van raadslid Pieter Luiters vroeër vanjaar.

Die finale partye en hul kandidate is Daniel Oppels van die ACDP,  Michael Wagenaar van die ANC, Marcellis Theyse van die DA en Romeo Prins van die EFF.

Die stempersentasie in die wyk in die munisipale verkiesing van 2016 was 59,94%. Luiters het die wyk met 60,20% van die stemme vir die DA gewen.

Log in with your credentials

Forgot your details?