Wees so paraat teen slange

5 Kaapse Kobra - Volwasse

5 Boomslang - wyfie 2

Die giftige slange in die Klein Karoo is van links die Kaapse kobra, ’n boomslang en ’n pofadder. Foto’s: Rian Stander

Die giftige slange in die Klein Karoo is van heelbo die Kaapse kobra, ’n boomslang en ’n pofadder. Foto’s: Rian Stander

• Beveilig jou blyplek en kry hier hulp

DIE somer is hier en soos elke jaar hierdie tyd begin die slange weer in die Klein Karoo loop op soek na voedsel, water en skaduwee. Dit sluit die Klein Karoo se giftige slange soos die Kaapse kobra, pofadder en boomslang in.

Volgens Mornay Thysse, slangvanger van die Oudtshoorn Nooddienste, moes hy die laaste tyd baie groot Kaapse kobras verwyder; een keer sommer vyf grotes binne twee dae.

Thysse skryf dit toe aan die droogte en sê slange kom soek kos en water by huise. Hy sê dit is paartyd en Kaapse kobras is tans baie aggressief. Hy het mense gevra om nie dié slange te konfronteer nie.

Slangkenner Rian Stander sê hy vind tans saans ook baie pofadders.

Stander het die volgende wenke aan inwoners gegee om hul erwe en huise te beveilig teen slange.

Wenke om jou huis en erf te beveilig:
• Fyn gaasdraad voor ’n hek wat tot op die grond strek, sal slange uithou.

• Hou die vensters en buitedeure van jou huis toe gedurende die somer en plaas ’n windblokker voor die gaping onder die deur.

• Water lok slange, ook visdammetjies, ’n lekkende kraan en wanneer jy jou tuin natlei. Moenie troeteldiere se waterbakke buite laat staan nie.

Wat om te doen as jy ’n slang in jou erf of huis vind:
• Moenie ’n slang probeer doodmaak, vang of aan dit vat nie. ’n Slang sal homself verdedig as hy bedreig voel. Dit is nou paartyd vir kobras en hulle is baie aggressief.

• Hou ’n oog op die slang tot hulp opdaag. Nog ’n wenk is om ’n kombers van ’n afstand af oor ’n slang te gooi totdat hulp opdaag.

• As die slang in u huis is: Maak die deure en vensters toe om te verhoed dat hy ontsnap.

• Stel u bure in kennis van ’n slang op hul erf en dat hulp op pad is.

• Hou kinders en diere weg van die slang

• Moenie paniekbevange raak nie.

Kry hier hulp:
Kontak die Oudtshoorn Nooddienste by 044 203 3147/203 7800/203 7801 om slange te verwyder. Hou hierdie kontaknommers byderhand! Rian Stander kan na-ure help (082 823 2183).

Onthou slange speel ’n belangrike rol in die natuur en vir daardie rede is hulle ’n beskermde spesie.

’n Hek met gaasdraad. Foto: Liesel le Roux

’n Hek met gaasdraad. Foto: Liesel le Roux

’n Windblokker voor ’n buitedeur.

’n Windblokker voor ’n buitedeur.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?