Voorkom so brande in huidige droogte

Eden Brandweer op gereedheidsgrondslag

Die veld tussen die Rust-en-Vredewaterval naby die Kango Bergoord en Mei rings poort naby De Rust het in Desember verlede jaar erg deurgeloop onder ’n vernietigende veldbrand. Foto: Liesel le Roux

Die veld tussen die Rust-en-Vredewaterval naby die Kango Bergoord en Mei rings poort naby De Rust het in Desember verlede jaar erg deurgeloop onder ’n vernietigende veldbrand. Foto: Liesel le Roux

• Die kontaknommer van die Eden Brandweer se inbelsentrum is 044 805 5071.

Deur Liesel le Roux
MET die huidige droogte word ’n bedrywige brandseisoen in die Eden Distrik verwag, sê Gerhard
Otto, senior bestuurder rampbestuur in die Eden Distriksmunisipaliteit en die waarnemende
be stuur der brandweer.

Dit volg nadat groot dele van die Distriksmunisipaliteit – onder meer tussen die Rust-en-Vredewaterval
naby die Kango Bergoord en Meirings poort naby De Rust – in Desember 2016 onder
vernietigende brande deurgeloop het.

Die distriksmunisipaliteit is verantwoordelik vir alle veldbrande en bergbrande, terwyl die dorps –
munisipaliteite in die streek verantwoordelik is vir brande by alle strukture.

Otto sê hoewel brande in die streek dikwels deur weerlig en brandstigting veroorsaak word, is
mense se nalatigheid ook dikwels die oorsaak en sal dit help as almal voorkomend optree.
Hy het inwoners van die streek en besoekers versoek om nie vanjaar vuurwerke te skiet en Chinese
lanterns in die lug op te stuur nie.

“ ’n Chinese lantern het ’n oop vlam en waar dit ook al land, bestaan die moontlikheid van ’n
brand.”

Nog voorkomingsmaatreëls:
Moenie braaivleisvure sonder toesig los nie.

Moenie sigaretstompies by ’n motorvenster uitgooi of op enige plek net neergooi nie.

Moenie kinders met vuurhoutjies laat speel nie.

Otto het mense ook versoek om enige rook wat hulle sien, so gou as moontlik by Eden Brandweer
se inbelsentrum te rapporteer en ook presiese aanduidings te gee waar die rook is.

“Die distriksmunisipaliteit het ’n projek geloods bekend as die Uurtjie-vuurtjie-program om te poog
om alle brande binne die eerste uur te bereik en dit te blus terwyl die vuur nog kleiner is.”

• Volgens Otto het Eden Brandweer baie geleer tydens die Knysna-brande en is hulle beter as
voorheen voorbereid vir brande.

Veral baie lug steun is vanjaar beskikbaar.

Dit sluit vier “spotter”-vliegtuie in wat kan moniteer waar brande is en optrede teen dié brande
kan priotiseer, drie helikopters wat elk 1 000 liter water kan dra, twee helikopters wat elk 600 liter
water kan dra en twee vliegtuie wat elk 3 000 liter water kan dra.

“Ook op die grond is baie hulpbronne, waarmee die brandweer word bygestaan word deur 13
Working on Fire-spanne en ander rolspelers.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?