Rust en Vrede Waterval is oop!

Links: Vloedskade wat in April aan die voetgangersbrug na die Rust en Vrede Waterval aangerig is, is nou - soos die res van die roete - herstel.         Foto verskaf

Bo: Vloedskade wat in April aan die voetgangersbrug na die Rust en Vrede Waterval aangerig is, is nou – soos die res van die roete – herstel. Foto verskaf

DIE Rust en Vrede Waterval buite Oudtshoorn is weer oopgestel vir besoekers.

Dié waterval was vir meer as ses maande gesluit nadat ’n flitsvloed in April die toegangspad, wandelpad en voetgangersbrug wat deel uitmaak van die roete na die waterval, so beskadig het dat die terrein ontoeganklik was.

Die waterval is 35 km buite Oudtshoorn. Volg die pad na die Kango Grotte en draai by die bordjie na die Kango Bergoord. Ry verby die Bergoord tot by ’n bordjie na die waterval.

Die waterval is elke dag oop vanaf 09:00 tot 16:30, ook op Kersdag. Toegangsfooie per voertuig is: 1-6 persone: R57; 7-16 persone: R87; 16+ persone: R226.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?