Kleurvolle vullisdromme

Inisiatiewe van inwoners om hul omgewing te verbeter is iets wat Die Hoorn heelhartig ondersteun. Dit is belangrik dat elkeen van ons ‘n verskil moet maak waar ons woon. Een so ‘n inisiatief is die verf van sewe vullisdromme vir die skoolterrein deur leerders van die Hoërskool Oudts­hoorn. Ons hoop om soortgelyke inisiatiewe oral in ons streek te sien. Bo is Kai Barry en Mpumelelo Bholo (albei graad 8) and Jade Barry (graad 10) by een van die dromme. Die kunstenaar, Lisl Barry, wat die leerders leiding gegee het, sê die projek wil die skool se waardes visueel illustreer, leer-ders aanmoedig om die skoolterrein skoon te hou en boonop kuns na die skoolterrein bring. Leerders het op grond van konsepvoorstelle wat hulle kon indien vir die projek gekwalifiseer. Foto Angelique Erasmus

Log in with your credentials

Forgot your details?