Kaapse ooruil uit nes geskop

Dié jong Kaapse Ooruil (wat in ’n hoë palmboom agter Coetzee & Van der Bergh Prokureurs se kantore in Baron van Reedestraat op Oudts­hoorn uitgebroei is en vermoedelik uit die nes geskop is. Foto: Schalk le Roux

Dié jong Kaapse Ooruil (wat in ’n hoë palmboom agter Coetzee & Van der Bergh Prokureurs se kantore in Baron van Reedestraat op Oudts­hoorn uitgebroei is en vermoedelik uit die nes geskop is.  Foto: Schalk le Roux

1 Uiltjie1

1 UiltjieMetProks

’n Jong Kaapse Ooruil (foto heelbo en bo) wat in ’n hoë palmboom agter Coetzee & Van der Bergh Prokureurs se kantore in Baron van Reede-straat, Oudts­hoorn, uitgebroei is en vermoedelik uit die nes geskop is, het homself (of haarself) gaan tuismaak op ’n trap agter die kantore. Christo van der Bergh het Maandagoggend daar op die uiltjie afge­kom. “Ons het ’n bakkie water vir hom uitgesit. Dit het nie gelyk of hy van die water gedrink het nie. Ek het die uiltjie toe die middag ná werk na dr Glen Carlisle gevat omdat ons bang was ’n kat vang hom.” By die uiltjie op die hooffoto is Van der Bergh (links voor) terwyl Leon Coet-zee versigtig toekyk.

• Carlise het gister gesê die uiltjie is in ’n goeie, gesonde toestand. “Ek het hom in ’n hok gesit en gee hom kos. Ons maak die hok in die aand oop. Hy kan dan vryelik uitgaan en weer terugkom totdat hy kans sien om die grootmenslewe aan te durf en sy eie gebied te gaan soek,” het Carlisle gesê. Volgens hom kan ’n mens net die geslag van so ’n jong uil bepaal deur sy/haar bloed te trek en dit vir ontleding te stuur.    Foto: Schalk le Roux

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?