Dysseldorp sonder water

Die pomp wat oopgebars het. Foto verskaf

Die pomp wat oopgebars het. Foto verskaf

DYSSELSDORP en die landelike gebiede oos en wes van Dysseldorp is sonder water nadat die pompkamer by die Dysselsdorp Watersuiweringswerke Maandag oorstroom is toe ’n pomp gebars het.
Ernstige skade is deur die oorstroming aan die elektriese toerusting binne die pompstasie aangerig.
Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoer­der van die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit, was die watervlak in die pompstasie 1,2 meter hoog met baie van die toerusting onder water.

Sedert Maandag was die water in die reservoirs die enigste water vir Dysselsdorp en omliggende landelike gebiede, maar teen gistermiddag was die laaste water klaar.

Die beskadigde pompe se elektriese motors is uitgehaal en na George gestuur sodat dit drooggebak kan word. Dit sou gistermiddag voldoende droog gewees het om teruggebring en weer geïnstalleer te word, mits die motors nie beskadig is en ekstra werk daaraan nodig is nie. Die elektriese skakeltuig vir die pompe is ook beskadig en nuwes word van Johannesburg af ingewag wat hopelik vandag op Oudtshoorn sal arriveer.

Intussen is die elektriese beheerpanele oopgemaak en word die komponente drooggeblaas.
Mangqwengqwe sê as alles volgens plan verloop, kan van die pompe vandag in bedryf gestel word en Dysselsdorp se reservoir en miskien ook die landelike reservoir gevul word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?