Begraafplase in Oudtshoorn: Meld vandalisme so aan, vra munisipaliteit

Gevandaliseerde grafte in die Condorstraat-begraafplaas. Foto: Ilze-Mari Gründling

Gevandaliseerde grafte in die Condorstraat-begraafplaas. Foto: Ilze-Mari Gründling

DIE Oudtshoorn Munisipaliteit het vandees­week ’n beroep op inwoners gedoen om vanda­lisme in begraafplase in Oudtshoorn aan te meld. Volgens Aurelia Oliphant, woord­voerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, poog die munisipaliteit tans om meganismes daar te stel wat kan verhoed dat dié vandalisme voortduur.

Wetstoepassers doen nou onder meer gereelde patrollies in die begraafplase.

Oliphant het gereageer op ’n navraag van Die Hoorn nadat ontstelde inwoners die koerant genader het oor grafte in die Condorstraat- en Voortrekkerweg-begraafplase wat gevandaliseer is.

“Die munisipaliteit vra dat enigiets verdags wat inwoners bedags of snags in die begraafplase gewaar, asseblief by ons beheerkamer gerapporteer moet word. Wetstoepassers sal on­mid­delik uitgestuur word,” het Oliphant gesê.

Die munisipale beheerkamer kan by 044 203 7800 gekontak word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?