Ystervark kruip weg in dorp se tuin

Die ystervarkie nadat dit gevange geneem is.

Die ystervarkie nadat dit gevange geneem is.

DIE bedrewe slangvanger van Oudtshoorn, Rian Stander, moes die naweek ’n ander soort dier verwyder.

Stander vertel hy is Sondag deur ’n inwoner van Jubileestraat, Henry Bence, uitgeroep om ’n ystervark in sy tuin te kom vang.

Die ystervark het blykbaar per ongeluk in Bence se tuin beland en was erg verwilderd.

Stander het die ystervark (met die hulp van handskoene, natuurlik!) onder ’n plant in die tuin gevang en tydelik een kant gehou totdat dit gekalmeer het.

Die klein diertjie was later die aand in die veld vrygelaat omdat hierdie soogdiere nagtelik is.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?