Werk aan Kango Grotte-pad begin

Kango Grotte-pad
Deur Liesel le Roux
DIE herseëling van die R328 tussen Oudtshoorn en die Kango Grotte het verlede Woensdag (11 Oktober) afgeskop. Die beoogde voltooiingsdatum van die herseëling is 3 April volgende jaar.

Frik Eloff, projekbestuurder van iMvula Roads and Civils aan wie die Wes-Kaapse regering die tender vir die herseël van die pad toegeken het, het padgebruikers gevra om ’n addisonele 30 minute rytyd toe te laat wanneer hulle die pad gebruik.

Werk aan die pad sal van Maandae tot Saterdae van 07:00 tot 18:00 plaasvind. Omdat werk aan die een helfte van die pad gedoen word, sal die verkeer met stop-en-ry-punte beheer word.

Albei bane van die pad sal egter tydens die somervakansie – tussen 15 Desember en 8 Januarie – oopgestel word vir verkeer.

Eloff het inwoners, besighede en toeriste vir hul geduld en samewerking gevra tydens konstruksie. Hy sê die herseëling van die pad sluit die herstel van die bestaande padoppervlakte en padrand, die gruisskouers asook die padrelings in. Bykomende padrelings sal ook aangebring word terwyl brûe en ander strukture op die pad opgeknap sal word.

• Dit is die tweede pad vanuit Oudtshoorn wat tans opgegradeer en deur stop-en-ry-punte beheer word. Die pad tussen Oudtshoorn en Dysseldorp word tans oorgebou terwyl die res van die pad tussen die Dysseldorp-afdraai tot in De Rust her­stel word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?