Weermagvragmotor stamp bakkie regoor kruising

Die bakkie van ds Christo van Staden nadat dit deur 'n Weermag-vragmotor van agter getref is. Foto: Ilze-Mari Grünling

Die bakkie van ds Christo van Staden nadat dit deur ‘n Weermag-vragmotor van agter getref is. Foto: Ilze-Mari Grünling


Die weermagvragmotor. Foto: Ilze-Mari Gründling

Die weermagvragmotor. Foto: Ilze-Mari Gründling


’N INWONER van Oudtshoorn se dag het op ’n slegte noot begin nadat ’n vragmotor van die Infanterieskool sy Ford Ranger-bakkie omstreeks 11:20 vanoggend van agter regoor die kruising voor die Queen’s Mall gestamp het. Volgens ‘n ooggetuie was die afstand wat die bakkie gestamp is, volgens sy berekening sowat 31 meter.
Ds Christo van Staden van Schoemanshoek sê hy het stilgehou toe die verkeerslig by die kruising voor die Queen’s Mall rooi geslaan het. Hy was met Voortrekkerweg op pad vanuit Baron van Reedestraat se rigting.
“Ek sien toe dat die vragmotor agter my nie vinnig genoeg kon stop nie, en toe beweeg ek stadig ’n bietjie vorentoe om vir hom spasie te gee.”
Die vragmotor kon egter nie betyds stop nie en het die bakkie getref en regoor die kruising gestamp. die agterkant van die bakkie tot binne-in die kajuit gestamp. Die vragmotor het geen ooglopende skade opgedoen nie.
Die bestuurder van die vragmotor was nie beskikbaar vir kommentaar nie. (Deur Ilze-Mari Gründling)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?