Weermagdokter weer vlugtig in hof

DIE saak teen ’n dokter verbonde aan die Infanterieskool op Oudtshoorn wat daarvan aangekla word dat hy twee jong vroulike rekrute seksueel aangerand het, is gister in die Oudtshoorn Streekhof as voorkeursaak vir twee dae se verhoor tot April uitgestel.

Die 35-jarige dokter van die Paarl wat sedert Februarie 2016 in die siekeboeg van die Infante­rieskool werk, en nog nie gevra is om te pleit nie, het glo by drie geleenthede die twee vroue in sy spreekkamer betas nadat hy die deure gesluit het.

Volgens die staatsaanklaer, Elaine Plaatjies, was daar onsekerheid oor die aantal dae nodig vir die hofverrigtinge. Dit het ook aan die lig gekom dat een van die klaers Venda-sprekend is en ’n tolk nie gister beskikbaar was nie.

Streeklanddros Daniel Boks het sy kommer uitgespreek omdat die saak ook op 24 Oktober 2017 uitgestel is.

Hy het die beskuldigde se borg­tog van R5 000 en borgvoorwaardes weer verleng.

Adv Benito Metembo, verskyn in opdrag van Avontuur en Genote vir die beskuldigde.

Log in with your credentials

Forgot your details?