Weermagdokter in 2017 weer voor

Die saak teen die dokter verbonde aan die Oudts­hoorn Infanterieskool wat daarvan aangekla word dat hy twee vroulike rekrute seksueel aangerand het, is in die streekhof vir verhoor tot 30 Januarie volgende jaar uitgestel. Streeklanddros Daniel Boks het die saak teen die 35-jarige dokter van die Paarl tot 2017 uitgestel omdat daar nie vanjaar beskikbare verhoordatums is nie.

Die beskuldigde se borgtog van R5 000 en borgvoorwaardes is tot dan verleng.

Die man, wat nog nie gevra is om te pleit nie, en wie se naam om dié rede nie gepubliseer kan word nie, moet volgens sy borgvoorwaardes drie keer per week by die Oudtshoorn Polisiekantoor aanmeld. Hy mag ook nie die dorp verlaat sonder die toestemming van die ondersoekbeampte nie.

Hy mag ook nie vroulike weermagpasiënte behandel nie, en ook nie kontak maak met die twee rekrute nie.

 

(Deur Garnett Wicomb)

Log in with your credentials

Forgot your details?