Weer ‘n ongeluk op berugte hoek

Die ongelukstoneel in Langenhovenweg. Foto: Liesel le Roux

Die ongelukstoneel in Langenhovenweg. Foto: Liesel le Roux

Die berugte straathoek waar Langenhovenweg en Bloemstraat kruis, was vanmiddag weer die toneel van ‘n botsing tussen ‘n motorfiets en ‘n bakkie.

Die botsing het kort na 17:00 plaasgevind. Inwoners van die omgewing het op die toneel vertel die slag van die botsing was so hard dat dit hulle uit hul huise laat hardloop het.

Die bestuurder van die motorfiets, ‘n l9d van die plaaslike Infaterieskool, is lank op die toneel vir beserings  behandel en later met ‘n nekskerm aan op ‘n draagbaar na die ambulans gedra. Hy is na ‘n hospitaal op die dorp vervoer.

Die bestuurder van die bakkie wat na verneem word ook aan die Infanterieskool verbonde is, is  ook op die behandel maar het oënskynlik net ligte beserings opgedoen.

Beide die bakkie en die motorfiets is erg in die botsing beskadig.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?