Watertrok help De Rusters en Blomnekkers wat sonder water sit

Die foto van hie De Rust se water die week gelyk het, is deur 'n inwoner aan Die Hoorn gestuur.

Die foto van hie De Rust se water die week gelyk het, is deur ‘n inwoner aan Die Hoorn gestuur.

‘n Watertrok van van Oudtshoorn staan tans by die De Rust Munisipaliteit vir inwoners om water te gaan haal. Die dorp se water is sedert Maandag erg besoedel deur sand en plantmateriaal na harde reënbuie. ‘n Toevoerpyp na die dorp is ook verstop met verskeie ander pype wat gebreek het. Die watertrok sal later na Blomnek vertrek sodat inwoners ook daar water kan kry.

Volgens Aurelia Oliphant, woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, word daar volstoom gewerk om die verstopping van die toevoerpyp en ander pyplekkasies te herstel. Sy sê harde reën het Maandag’n mini-vloed veroorsaak wat troebel water tot gevolg gehad het. “Die kwaliteit het Dinsdag deur die dag verbeter, maar toe het daar weer ‘n reënbui laatmiddag uitgesak wat die water weer vertroebel het.”

‘n Inwoner van De Rust, Lee Steyn, het gister aan Die Hoorn gesê dat inwoners sedert Maandag sukkel sonder water. Sy was slegs bewus van gebottelde water wat tot in daardie stadium in Blomnek afgelewer is. “Daar is baie ouer mense wat hier woon wat met ‘n pensioen moet uitkom en wat dit nie kan bekostig om die hele tyd water te gaan koop nie,” het sy gesê.

Oliphant sê die munisipaliteit gee dringend aandag aan die situasie in De Rust/Blomnek en staan inwoners met ‘n watertrok en gebottelde water by.

Die munisipaliteit het tans ook uitdagings met watervoorsiening aan inwoners van Dysselsdorp en landelike gebiede nadat Eskom-kragonderbrekings drie dae al die Klein Karoo Landelike Waterskema (KKLWS) lamgelê het. “Daar is op die oomblik watertekorte in die oostelike gedeelte van die KKLWS en ook Dysselsdorp as gevolg van die Eskom-kragonderbrekings. Water wat gebruik word in Dysseldorp by die watersuiweringswerke is van ondergrondse bronne en afhanklik van elektrisiteit.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?