‘Wat ’n merkwaardige mens was Nico du Bois nie’

Die voorblad van die program by die herinnerings­diens wat Dinsdag vir Nico du Bois gehou is.

Die voorblad van die program by die herinnerings­diens wat Dinsdag vir Nico du Bois gehou is.

Deur Liesel le Roux
FAMILIE, vriende, kollegas en vriende uit die landbou en uit perdrykringe het Dinsdagmiddag in groot getalle by die NG Kerk Park op Oudtshoorn op­gedaag om tydens ’n herinneringsdiens van ’n bekende en geliefde Oudts­hoorniet, Nico du Bois (65), afskeid te neem.

Du Bois is verlede Woens­dag­aand in ’n onge­luk op die Kango Grottepad naby die ingang na Surval oorlede. Sy bakkie het omgeslaan terwyl hy op pad was na sy huis in die Vergelegen-om­gewing.
Du Bois was in diens van Klein Karoo Veilings en Veebemarking en was ook nou betrokke by perdeuithouritte.

Hy het op die punt ge­staan om af te tree met verlede Donderdag wat sy laaste dag by die werk sou gewees het.

Volgens sers Gretchen Mi­chaels, woordvoer­der van die Oudtshoorn Polisie, het Du Bois se voertuig die aand omstreeks 21:20 die pad verlaat en gerol. Hy was in die voertuig vasgekeer en is op die toneel oorlede.

Hy word oorleef deur sy vrou Adamia, kinders Adri, Jeanne-Maré, Nikki en Johan, vier klein­kinders en sy twee broers, Niel en Hannes.

Nico se lewensvreugde, ener­gie en geesdrif was wyd be­kend en geliefd.

Sy broer, Niel, het hom op Facebook as volg beskryf: Wat ’n merkwaardige mens was hy nie. Met ongebreidelde geesdrif en ywer het hy alles aangepak – baie keer wat ander gereken het mal gedagtes was. ’n Vaal mannetjie was hy allermins. Sy spore loop diep.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?