Vragmotor keer om by afdraai na Oudtshoorn-stortingsterrein

Trok en dieselTrok
‘n Groot vragmotor van ‘n konstruksiemaatskappy van Plettenbergbaai het vanoggend by die afdraai na die munisipale stortingsterrein omgekeer. Die bestuurder van die vragmotor het Die Hoorn vertel hy was vanuit Bridgton se rigting op pad na die stortingsterrein om bourommel af te laai toe die ongeluk plaasgevind het. ‘n Kleiner vragmotor het na bewering voor hom ingery waarna hy spoed moes verminder en die houer met bourommel agterop die trok geskuif en die trok laat omval het. Die bestuurder het gesê hy is ongedeerd, maar sy mede-bestuurder wat met die ongeluk bo-op hom geval het, het sy arm beseer en is na die Oudtshoorn Hospitaal geneem. Foto: Ilze-Mari Gründling

Log in with your credentials

Forgot your details?