Voetganger ernstig beseer

Ontstelde inwoners staan verlede Donderdagoggend by die ernstig beseerde Ulrich Chelias nadat hy in Parkweg deur ’n motor raakgery is en daar geruime tyd op ’n ambulans gewag moes word. Foto: Tieneke Maritz

Deur Liesel le Roux
DIT gaan beter met die 30-jarige soldaat wat verlede Donderdag ernstig beseer is toe hy in Parkweg, Oudts­hoorn, deur ’n motor raakgery is.

Ulrich Chelias wat al etlike jare aan die SANW op die dorp verbonde is, is ná die ongeluk met veel­vul­dige ernstige bese­rings, waaronder ’n ge­kraakte skedel en ’n gebreekte been, in die George Hospitaal opgeneem.

Volgens sy broer, Strauss, is Ulrich se gebreekte been geopereer, en is geen ander operasies tans nodig nie. Hy is Sondag uit die waakeenheid na ’n ander saal in die George Hospitaal oorgeplaas.

Hy is wakker en bewus van wat om hom aangaan, en reageer goed, maar sukkel om te praat weens die swelling op sy brein.

“Hy het klaar sy sin vir humor te­rug, en probeer regop sit,” sê Strauss.

• Kapt Louis Visser, woord­voer-der van die Oudtshoorn Polisie, sê die ongeluk het verlede Donderdag omstreeks 08:05 plaasgevind.

Hy sê dit wil dit voorkom of Ulrich oor Parkweg gestap en omgedraai het toe hy die motor sien aankom. In die proses het hy vermoedelik voor die motor, wat suid in Parkweg gery het, beland.

Mense op die toneel was erg ont­steld omdat dit byna ’n half­uur ge­duur het voordat ’n ambulans by die ongelukstoneel opgedaag het om die erg beseerde Ulrich na ’n hospitaal te vervoer. Die SANW se nooddienste was klaarblyklik nie beskikbaar nie.

Log in with your credentials

Forgot your details?