Voertuig op lughawe gegaps

Die Theron-gesin van Oudtshoorn se silwer Ford Ranger wat op die George Lughawe vanuit die sekuriteitsparkeerterrein gesteel is. Die registrasienommer van die voertuig is CG 28660. Foto: Facebook

Die Theron-gesin van Oudtshoorn se silwer Ford Ranger wat op die George Lughawe vanuit die sekuriteitsparkeerterrein gesteel is. Die registrasienommer van die voertuig is CG 28660. Foto: Facebook

• Apteker tydens vakansie besteel

Deur Liesel le Roux
NOG ’n Oudtshoorniet was die afgelope week die slagoffer van voertuigdiefstal.
Louwrens Theron, apteker by Watson & Brink Apteek, se silwer Ford Ranger is vanuit die sekuriteitsparkering by die George Lughawe gesteel terwyl hy en sy gesin vakansie gehou het in Mauritius.

Theron sê hy en sy vrou Mariana, sy seun Louwrens en die se vrou Chrisma asook sy dogter Corli en haar man SP Marais het op Vrydag, 30 Junie, die voertuig binne die sekuriteitsparkering gelaat. Toe hulle Sondag (9 Julie) op die lughawe teruggekom het, was die Ford Ranger skoonveld.

Beeldmateriaal van die lughawe se CCTV-kame­ras toon dat twee mans die voertuig reeds op Sondag, 2 Julie, gesteel het. Die mans het klaarblyklik die Sondagmiddag al met die voertuig gepeuter, weggehardloop van die toneel en later die aand teruggekeer. Hulle het oor die sypaadjie uit die parkeerterrein gery en so die sekuriteitshek vermy waar hulle hul parkeerkaartjie sou moes toon en betaal.

Mariana Theron het ’n foto van die gesteelde voer­tuig op Facebook gedeel en mense gevra om haar te inbox as hulle iets van die voertuig weet.

“Wat ’n skok om huis toe te kom ná ’n heerlike gesinsvakansie en te vind dat jou voertuig vanuit die sekuriteitsparkering by die George Lughawe gesteel is. Hulle het gesê ons het op eie risko daar geparkeer,” het sy op Facebook geskryf.

Kapt Malcolm Pojie, woordvoerder van die Suid-Kaap Polisie, het gesê die voorval word deur die George Voertuigdiefstaleenheid (VIS – Vehicle Identification and Safeguarding Unit) ondersoek.
Kobus Krige, hoof van sekuriteit by die George Lughawe, sê die voorval word betreur en dat stap­pe gedoen word om diefstal te bekamp.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?