Verwagte storm: Inwoners gevra om Wes-Kaapse paaie te vermy

tango-waether-severe-alert-md

ALLE skole in die Wes-Kaap – dus ook in die Klein Karoo – sal môre gesluit wees om leerders se veiligheid te verseker te midde van stormweer wat in die provinsie verwag word.

Dié besluit is vanoggend deur Brian Schreuder, hoof van die Wes-Kaapse Inderwysdepartement (WKOD) aan skole in die provinsie gekommunikeer.

Wind van tot 70 km/h word in die Klein Karoo voorspel.

Die besluit van Schreuder is een van die voorsorgmaatreëls wat getref word om inwoners se veiligheid te verseker nadat Rampbestuur die Wes-Kaapse kabinet vanoggend tydens ’n buitegewone vergadering ingelig oor het oor die slegste scenario wat kan volg op die verwagte storms.

Inwoners word ook versoek om die provinsie se paaie so ver moontlik te vermy en binnenshuis te bly.

Die kontaknommer van die Eden-distrik se rampbestuursafdeling is 044 805 5071. Noodgevalle kan aangemeld word by 112 of 10177.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?