Uitspraak oor Pietersen-appèl kom vroeg 2019

Deur Liesel le Roux
UITSPRAAK in die Kaapse Hooggeregshof waar ’n appèl van ’n voormalige munisipale bestuurder van Oudtshoorn, Noel Pietersen, Vrydag aangehoor is, sal waarskynlik vroeg in 2019 gelewer word.

Uitspraak is Vrydag voorbehou.

Pietersen het hom na die hooggeregshof gewend nadat hy in 2016 in die streekhof op Oudtshoorn skuldig bevind is aan vyf aanklagte van die oortreding van die munisipale bestuurswet, en in 2017 tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis is.

Hy is op borgtog uit hangende sy appèl.

Log in with your credentials

Forgot your details?