Tweede brand in vyf jaar by aanleg

brand3
Die brand gesien vanaf die treinbrug in Langenhovenweg op pad na George.

Die brand gesien vanaf die treinbrug in Langenhovenweg op pad na George.

Die brand gesien vanaf Oostelike Weg naby waar dit met Rademeyerstraat kruis.

Die brand gesien vanaf Oostelike Weg naby waar dit met Rademeyerstraat kruis.

Bykans op die dag vyf jaar nadat ‘n brand miljoene rande se skade by die herwinningsaanleg Retain Recycle Re-use op Oudtshoorn veroorsaak het, het ‘n groot brand weer vanaand daar uitgebreek.

Die Oudtshoorn Brandweer het van vroeg af geveg om die reuse vlamme onder beheer te kry en te verhinder dat die vlamme oor die pad of na aangrensende persele spring, terwyl massiewe rookwolke na bo gekrul het.

Oostelike Weg, waarin die herwinningsaanleg geleë is, is met die uitbreek van die brand afgesper om nuuskieriges van die toneel weg te hou. Talle Oudtshoorniete het die vlamme later van Langenhovenweg se kant af by die Rooiheuwelpad-afdraai dopgehou.

Die oorsaak van die brand is nie tans bekend nie.

Met die brand vyf jaar gelede op 17 Januarie 2012 is geboue en herwinningsmateriaal vernietig.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?