Twee wat by bejaarde inbreek, weer voor

Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen twee mans wat glo ’n bejaarde vrou van Oudtshoorn in haar woonstel beroof, met die dood gedreig en met haar motor gevlug het, is in die Oudtshoorn Landdroshof vir ’n borgaansoek van een van die twee tot volgende week uitgestel.

Landdros Roelf Konstabel het die saak teen Renier Claassen (33) en Ruan Nel (25) tot Maandag, 13 November, uitgestel nadat hul borgprofiele verkry is. Claassen wil Mandag ’n borgaansoek bring.
Claassen en Nel het glo in die nag by die woonstel van ’n 62-jarige vrou ingebreek terwyl sy al in die bed was.

Haar selfoon, juweliersware, bankkaarte en motor is gesteel.

Die motor is egter teruggevind.

Nel was ten tyde van die beweerde voorval op parool en sal daarom nie om borgtog aansoek kan doen nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?