Trots op hoe dié begraafplaas lyk

Die groep munisipale werkers in die Joodse Begraafplaas. Foto: Ilze-Mari Gründlingh

Die groep munisipale werkers in die Joodse Begraafplaas. Foto: Ilze-Mari Gründling.

HULLE is baie trots op hoe die Joodse Begraafplaas op Oudtshoorn nou lyk, vertel ’n groep munisipale werkers wat die begraafplase wat aan Condorstraat grens, skoonmaak.
Die gedeelte waarbinne die Joodse begraafplaas val, is reeds onder hul hande deur en hulle werk tans in ander dele van die begraafplaas.

Hulle is selfs deur die Joodse gemeenskap van Oudtshoorn bedank vir die gedaanteverwisseling wat die begraafplaas ondergaan het.

Die werkers sê hulle is verantwoordelik vir die instandhouding en skoonmaak van die begraafplaas, maar dat hul kontrakte die einde van Maart eindig.

“Ons wil graag aanhou met dié kontrakte; ons doen goeie werk,” sê Nico Johannes, een van die werkers.

“Ons het ook van die mense wat hier slaap in die nag weggejaag, maar hulle het oorgeskuif na die begraafplaas langsaan. Ons wil hê ons kontrakte moet verleng word sodat hierdie plek skoon kan bly en ons daardie mense kan weghou van die grafte af.

“Hierdie werk bring kos op die tafel. Ons kan nie bekostig om nie te werk nie,” sê Johannes.

David Harris, een van die Joodse komiteelede van die begraafplaas, sê hy is baie tevrede met dié groep se handewerk.

“Dit lyk baie netjies. Gewoonlik het ons baie probleme met vandalisme en diefstal. Dele van die heinings word afgesteel. Ons het ongelukkig nie beheer oor die hernuwing van die werkers se kontrakte nie. Hulle is deur die munisipaliteit gekontrakteer.”

Die Oudtshoorn Munisipaliteit het nie op navrae oor die skoonmaakprojek gereageer nie.
(Berig deur Ilze-Mari Gründling)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?