Tragedie tref van Greunen-familie

André en Lulu van Greunen op Saterdag 24 September 2016 toe hulle na ’n huwelik van 43 jaar hul huweliksbeloftes hernu en op stylvolle wyse weer getrou het! Hier is André en Lulu net na die troue in die Rembrandtsaal van die CP Nel Museum op Oudtshoorn waar die troue plaasgevind het.  Foto: Schalk le Roux

André en Lulu van Greunen op Saterdag 24 September 2016 toe hulle na ’n huwelik van 43 jaar hul huweliksbeloftes hernu en op stylvolle wyse weer getrou het! Hier is André en Lulu net na die troue in die Rembrandtsaal van die CP Nel Museum op Oudtshoorn waar die troue plaasgevind het.
Foto: Schalk le Roux

Deur Liesel le Roux
DIE bekende Van Greunen-familie van Oudts­hoorn is die week in rou gedompel toe Lulu van Greunen ( 63) oorlede is kort nadat sy en haar man, die sakeman André van Greunen, in Thailand aangekom het vir ’n vakansie.

Volgens die Van Greunens se een skoonseun Danie van der Berg, het sy skoonouers Dinsdagmiddag in Koh Samui, ’n eiland by Thailand, aangekom.

Hulle het na hul aankoms iets gaan eet en daarna gaan slaap.

Toe André later wakker word, het hy sy vrou dood op die vloer aangetref.

Die Van Greunens se drie dogters, Donna-Lida van der Berg, Petro Westraad en Tessa Nortje wat almal ook op Oudtshoorn woon, het gisteroggend Thailand toe vertrek om hul pa te gaan bystaan.

André, die eienaar van Timbercity op Oudts­hoorn, en Lulu was 45 jaar getroud. Hulle het in September 2016 hul huweliksbehoeftes by ’n “tweede troue” saam met familie en goeie vriende op Oudtshoorn hernu.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?