Sylvester in buiteland om meer te leer oor plaaslike regering en ekonomiese ontwikkeling

Burgemeester Colan Sylvester. Foto: Schalk le Roux

Burgemeester Colan Sylvester. Foto: Schalk le Roux

Die Groter Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, is tans op ‘n studiereis van die DA na Duitsland, België en Holland. Hy is lid van ‘n DA-afvaardiging wat Saterdag (7 Oktober) uit Suid-Afrika vertrek het en ten doel het om meer te leer oor plaaslike regering en ekonomiese ontwikkeling. Die reis word befonds deur die DA.

Oudtshoorn se onder-burgemeester, Noluthando Mwati, tree in Sylvester se afwesigheid op as uitvoerende burgemeester.

Sylvester sal weer op Dinsdag, 17 Oktober, na sy kantoor terugkeer.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?