Swartbergpas by Prins Albert heeltemal weggespoel

 

Die verspoelde Swartbergpas. Foto: Renier van Nieuwenhuizen

Die verspoelde Swartbergpas. Foto: Renier van Nieuwenhuizen

Die foto van die verspoelde Swartbergpas is deur Louis Greeff met Die Horn gedeel.

Die foto van die verspoelde Swartbergpas is deur Louis Greeff met Die Hoorn gedeel.

DIE Swartbergpas tussen Oudtshoorn en Prins Albert het na stortreën totaal verspoel aan die Prins Albert-kant van die berg en is vanoggend onbepaald gesluit. Die pad sal eers herstel moet word voordat voertuie weer daarop kan ry.

Volgens die munisipale bestuurder van die Prins Albert Munisipaliteit, Heinrich Mettler, is die pad vanaf Tweede Water tot by Prins Albert heeltemal vernietig deur water. “Die pad is weg,” het hy gesê.

Toegang tot Gamkaskloof (Die Hel) is net van Oudtshoorn se  kant af bereikbaar.

Renier van Nieuwenhuizen van Prins Albert het verskeie foto’s op Facebook van die verspoelings gedeel en geskryf dat hy moes instap om die foto’s te neem omdat die pad nie begaanbaar is met ‘n voertuig nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?