Swartberg-brand woed al 15 dae

Deur Ilze-Mari Gründling
’N BRAND wat twee weke gelede in die Swartberge naby De Rust ontstaan het, woed steeds.

Volgens Marietjie Engelbrecht, woordvoerder van CapeNature, het die brand 15 dae gelede ontstaan. Sy het gesê sy beskik nie oor meer inlig­ting nie omdat die brand in gebiede in die berge is waar dit moeilik is om kontak te behou met die brandspanne.
Herman Pieters, woordvoerder van die Eden Distriksmunisipaliteit, sê die brand woed hoog teen die berg en strukture in Oulap, Kranskop, Rooiloop en Waterkloof is Dinsdag bedreig. Volgens Pieters is brandbestryders van die Eden Brandweer, CapeNature en Working on Fire op die toneel.

Loren George, digitale bestuurder en bemarker by Cape Nature, sê die brandbestrydingspanne se hoofdoel is om infrastruktuur te beskerm en die brand binne die natuurreservaat te hou. Ses plase aan die suidekant van die berg en vier plase aan die noordekant word deur die vuur ge­raak.

Mornay Thysse van die Oudtshoorn Brandweer het gesê die Oudtshoorn Brandweer is op bystand om te gaan help indien nodig.

Log in with your credentials

Forgot your details?