Strate tot stilstand geruk

• Protesoptrede teen plaasmoorde

Honderde mense het net buite Oudtshoorn op die Calitzdorppad byeengekom en saam gebid voordat hulle met trekkers en ander voertuie na ander ingange van die dorp vertrek het.

Honderde mense het net buite Oudtshoorn op die Calitzdorppad byeengekom en saam gebid voordat hulle met trekkers en ander voertuie na ander ingange van die dorp vertrek het.

Protesgangers in Voortrekkerweg op pad na die dorpsin-gang vanaf De Rust. Foto’s bo en heelbo: Schalk le Roux

Protesgangers in Voortrekkerweg op pad na die dorpsin-gang vanaf De Rust.  Foto’s heelbo en bo: Schalk le Roux

Sowat 30 trekkers van verskillende groottes het ook aan die protesoptog deelgeneem. Foto: Higgo Jacobs (nog foto’s op bl 2)

Sowat 30 trekkers van verskillende groottes het ook aan die protesoptog deelgeneem. Foto: Higgo Jacobs

HONDERDE mense in swart geklee het Maandag in die warm Klein Karooson met motors, bakkies, trekkers en vragmotors op drie plekke op Oudtshoorn aan ’n vreedsame protes­optrede teen plaasmoorde deelgeneem.

Aanvanklik het die groep by die ingang vanaf Calitzdorp vergader, waar die rye voertuie – onder meer sowat 30 trekkers en 10 vragmotors – tot by die afdraai na Mosselbaai ge­staan het.
Hoewel die groep mense by die ingang almal in ’n goeie luim was, was daar ook ’n duidelike ondertoon van erns by almal.

Nadat die byeenkoms met skrif­lesing en gebed geopen is, het van die voertuie na Lan-genhovenweg beweeg waar dit dié straat vanaf die kruising met Rademeyerstraat na die middedorp se kant versper het, terwyl voertuie ook die ingang vanaf De Rust en Dysselsdorp in die omge­wing van die Oudtshoorn Begraafplaas versper het.

Dié protesoptrede op Oudtshoorn is deur ’n sakeman van Oudts­hoorn, Deon Bosman ge-ï­nisieer. Hy het Dinsdag gesê hy was verbaas oor hoeveel mense betrokke geraak het by die protesoptrede, selfs vanaf dorpe soos Calitzdorp.

Hy het sy tevredenheid uitgespreek met die vreedsame en positiewe wyse waarop die dag verloop het en die goeie gees wat tussen almal geheers het. “Ons wou vreedsaam protesteer en geen chaos hê nie,” het hy gesê.

Hoewel die protesoptrede volgens hom spesifiek gemik was teen plaasmoorde in Suid-Afrika, het verskeie persone wat deel­geneem het, aan Die Hoorn gesê hulle neem met hul deelname ook standpunt in teen alle moorde wat in Suid-Afrika plaasvind.

Kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, sê die polisiebeamptes wat vir die protesaksie ontplooi is, was tevre-de met die verloop daarvan.

“Die protesoptrede was sonder enige nega-tiewe voorvalle en daar was goeie samewerking tussen die Polisie en inwoners,” sê hy.

Protes teen plaasmoorde

Onder: Talle voertuie wat aan Maandag se protesoptrede deelgeneem het, was versier met vlae en baniere.  Foto onder: Schalk le Roux; Foto middel: Garnett Wicomb 

Foto heelonder: Die dorpsingang vanaf Calitzdorp. Foto: Schalk le Roux

2 Garnett lorrie

2 Garnett

1 Baie Motors

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?