Steeds vermis: Hulp gevra om Sarah Loverlot te vind

Sarah Loverlot (53).

Sarah Loverlot (53).

Sarah Loverlot (53) van Oudtshoorn word sedert Maandag vermis. Die Oudtshoorn Polisie het die hulp van die publiek gevra om haar te help vind. Sarah is deur haar man, Phillip, as vermis by die polisie aangemeld. Volgens hom het sy Maandag, 13 November, die oggend werk toe vertrek en het sy nog nie teruggekeer nie. Sy was geklee in ‘n swart rok, pers trui en swart skoene. Sarah is sowat 1.65 m lank. Enigiemand met inligting word versoek om die polisie by 044 203 9022 / 10111 te kontak. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?